top of page

Toorwoorde: Wow!



Die woord wow is amper meer ‘n geluid as ‘n woord. Dit is eerder ‘n versamelklank wat baie woorde probeer uitdruk soos verbasing, admirasie of ekstase. ‘n Wow vergroot, verhoog en verskerp wat met ons gebeur. Dink maar aan die wow van ‘n troue of verjaarsdag wat jare lank by ons bly.

Jesus se lewe was vol wow oomblikke. Hy gebruik immers ‘n bruilof as metafoor van die lewe en word beskuldig dat hy hard kuier en ‘n vraat en wynsuiper is. Tog is Sy bron van vreugde en ekstase nie wyn of vriende nie, maar God.

Sonder die vervulling van ons vreugde wat uit God behoort te kom, word ons strewe na persoonlike vervulling verdraai. Hierdie soeke eindig gewoonlik in die mall, karre, of prestasies en soveel ander goed. Kunsmatige wow’s werk soos verdowingsmiddels. Die high hou nie lank nie…en dan lei dit na ‘n oordosis. Oor-eet, oor-drink, oor-kuier, oor-sosialiseer en al die te-veels-van-die-lewe kom met ‘n duur prys: Babelaas.

Dan verruil ons God se diep vreugde vir goedkoop plesier, en ‘n ekstatiese verskerpte bewustheid word dan eerder die vernietiging van ons bewustheid.

Ons gesels Sondag oor hoe jy hierdie kragtige woord kan sê met jou lewe!

bottom of page