top of page
contemplation-176883_1920.jpg

ONS DROOM | VISIE

Op pad in heelheid[1]

met Ander 

deur kontemplasie[2] (gebed)

EN aksie.

Ons glo …

 

die lewe en lering van Christus is die sentrale verwysingspunt van ons gemeenskap,

 

transformasie[3] vind deur gebed (kontemplasie) en aksie plaas,

 

ons ontmoet God ook in die ander,

 

deur die deel van stories in gemeenskap kan ek myself in die ander vind,

 

in ’n gemeenskap met diverse oortuigings en verwelkom eerlike en oop vrae in dialoog,

 

ons het ’n verantwoordelikheid as  gemeenskap en individue om liefde as werkwoord te leef ten einde heelheid te verwerklik in ons onmiddellike en globale omgewing,

 

dit neem ‘n gemeenskap om ‘n kind groot te maak en verskillende lewensfases vra na begeleiding.

 

[1]  Heelheid beteken om my geskapenheid (ware self) in God met ander te ontdek.

[2]  Kontemplasie kom van die woord con templum. Con beteken ‘met’ en templum beteken ‘tempel’. Die idee was om God vanuit Sy teenwoordigheid in die self, ander en die omgewing te beskou/aanskou. Dit is die wetenskap van liefde genoem, waar God die sienwerk deur jou doen.

 

[3]  Transformasie (metamorfose) beteken bloot die groot (meta) verandering (wisseling in vorm) van liggaam, siel en gees om meer soos Christus te wees. Transformasie het ‘n makro-been en dit behels my menslike ontwikkeling (kind, adolessent, volwassene en ‘sage’) asook ‘n mikro-been wat binne die konteks van vier seisoene, vier windrigtings, die vier liefdes, of argetipes van die vier evangelies (arend, leeu, mens of os) verstaan kan word. Ons gebruik die woorde beken, verken, erken en herken om hierdie dimensies te beskryf.

bottom of page