top of page

WAT DOEN ONS | ONDERSKEIDINGSTYDPERKE

‘n Onderskeidingstydperk gaan oor die reis na binne waar ek nie net met die kop nie, maar ook met my hart die landskap van my siel ondersoek om beter te verstaan wie ek is en waarvoor die Here my roep.

Daar is ‘n baie ryk tradisie binne die Judeo-Christelike tradisies waar mense die mees ingrypenste koersaanpassings maak nadat hulle vir ‘n periode in afsondering was. Jesus self het vir 40 dae in die wildernis tyd spandeer voordat hy amptelik met sy bediening begin het.

Daar is ‘n duidelik patroon of ritme gedurende hierdie tydperk:

Afsondering, konfrontasie en integrering.

 

Die meeste kontemporêre literatuur, veral in die vermaaklikheidswêreld, ‘leen’ veral uit hierdie tradisies en verwys na 'The Hero’s Journey’. 

Lees meer oor Lewensoorgange hier.

By InVia bied ons twee Onderskeidingstydperk formate aan:  4-dag Onderskeidingstydperk of 10-dag Onderskeidingstydperk

4-dag Onderskeidingstydperk - Umami, Franschhoek:

Die onderskeidingstydperk vind plaas by Umami net buite Franschhoek. Die formaat behels twee dae voorbereiding, een dag solo met vas en gebed in afsondering en dan ‘n dag waar ons al die ervaring integreer en persone voorberei om weer terug te keer. 

Volgende 4-dag Onderskeidingstydperk geleenthede:

Datum: GEEN DATUM WAT VOORLÊ

4 dag Onderskeidingstydperk
REGISTREER HIER
11-Dag

10-dag Onderskeidingstydperk - Umami, Franschhoek:

Die 10-dag onderskeidingstydperk behels ‘n 10 dae wegbreek wat fokus op die lewensoorgang tydens volwassenheid. Die begeleiding word deur 2 fasiliteerders by Umami in Franschhoek gedoen.

 

Die proses behels: 5 dae orientering, 4 dae vas en gebed in afsondering op jou solo, en 2 dae waar die die ervarings geïntegreer word. 

Volgende 10-dag Onderskeidingstydperk geleenthede:

Datum: 15 tot 24 Maart 2024

Epos gerus inviagemeente@gmail.com vir meer inligting.

Kyk gerus Simon, ons gasheer en een van die Onderskeidingstydperk-fasiliteerders, se storie saam:

bottom of page