top of page
Wild Berries

FAQ's | FREQUENTY ASKED QUESTIONS

Wanneer hou InVia Stellenbosch Sondag byeenkomste...

 

Sondae om 10:00 ontmoet ons In Persoon by Weltevreden Estate, Stellenbosch.

Ons In Gemeen AANLYN is beskikbaar elke Sondag om 8:30 op Youtube...

Ek wil graag meer lees oor kontemplasie...

 

Hier is 'n paar leesvoorstelle van ons InVia dagbestuur-span om persoonlik te reis met ons spiritualiteit en geloofsgewoontes. Ons wil graag skrywers voorstel wat vir ons God se hart en liefde verwoord, waar ons dan as gemeenskap 'n beter verstaan kan hê van kontemplasie en aksie. 

Ek wil my kind laat doop of toewy...

 

Hierdie spesiale geleenthede vind normaalweg by InVia Stellenbosch plaas op Sondae oggende om 10:00 by die In Persoon dienste. Om solank aansoek te doen, laai gerus die aansoekvorm af en stuur dit terug na inviagemeente@gmail.com

Ek wil trou...

 

InVia verwys paartjies na verskeie van ons leraars vir die bevestiging van huwelike. Lees meer by Algemene Prosedure oor hoe ons te werk gaan, en laai gerus ons Huweliksbevestiging aansoekvorm af.

POPIA

POPIA: Wet op beskerming van persoonlike inligting, Wet 4 van 2013
 

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (in algemene spreektaal POPIA genoem, as akroniem van die Engelse titel, Protection of Personal Information Act), reël die beskerming van die persoonlike inligting wat instansies oor individue berg. InVia Stellenbosch poog om eerbaar met alle inligting te werk en die verantwoordelike partye hou by al die reëlings en bepalings van POPIA.

Meer inligting...

bottom of page