top of page
Woman on Longboard

HOËRSKOOLBEDIENING VALLEI

Wat presies is Vallei?

By Vallei nooi ons tieners in ons gemeenskap om bewus te word van God se teenwoordigheid in hulle alledaagse lewens.

 

Bergskool help jongmense om ’n belangrike oorgang te merk. Vallei is die ruimte tussen hierdie oorgange. Die berge en die vallei is nie los van mekaar nie. Albei het skoonheid en uitdagings en die een help ons om by die ander uit te kom. In praktiese terme is ons besig om ’n gereelde ritme te vind sodat daar weekliks ’n byeenkoms vir tieners op hoërskool is.

Deon vertel meer oor wat ons Hoërskoolbediening behels:

Kontak gerus Deon vir meer inligting rondom die Vallei en Hoërskoolbediening.

Dis ’n plek om te kuier, te leer en mekaar te herinner aan hoe Christus in ons lewens besig is.

 

Ons ontdek ook hoe tieners kontemplatiewe praktyke kan toepas waar hulle is. Deon is ook deur die week beskikbaar vir individuele gesprekke en kuiers met tieners om saam met hulle agter te kom wat hulle nodig het. Daar sal ook van tyd tot tyd spesiale geleenthede wees soos ’n onderskeidingstydperk, ’n kamp en leergeleenthede wat ons help om ons pad in die Vallei te vind.

MEI IG Posts.png
bottom of page