top of page
suzanne-d-williams-VMKBFR6r_jg-unsplash.jpg

WAT DOEN ONS | LEWENSOORGANGE

Ons dink aan die lewe as die geestelike reis.

Dikwels het die kerk geestelikheid en die lewe geskei.

Die reis na God sien ons die beste in Jesus.

God word mens.

Met ander woorde, ons is nie sondige wesens wat moet leer om geestelike mense te word nie.

Ons is geestelike wesens wat moet leer om mens te word.

Die hemel is nie ‘n plek waarheen ons eendag gaan nie, dit is ‘n plek waarvandaan ons kom.

Ons het bestaan voor ons geboorte, en ‘n gesig gehad voordat ons hierdie gesig by geboorte gekry het.

Bekering beteken bloot ‘terugkeer’.

 

Om te word wie ons nog altyd was.

 

God is verbloem in ons hele lewe.

Soos wat ons God in elke detail van ons lewe ontdek, ontdek ons ook die sin van die lewe in God.

Ons lewe werk soos seisoene...

Eerstens, die makro-seisoene waardeur ons almal moet gaan:

Kind (lente) , Adolosent (somer), Volwassene (herfs) en die Wyse Gryse (winter).

 

“Toe ek ‘n kind was het ek gedink en geredeneer soos ‘n kind….maar nou dat ek ‘n man is…” 1 Kor. 13:11. Elke lewensontwikkelingsfase is nie net bloot ‘n psigologiese fenomeen nie, maar ook ‘n spirtuele proses wat ervaar en begelei moet word.  Maar dan ook die mikro-seisoene waardeur my innerlike wêreld elke dag deurgaan.

 

Net soos wat ons verskillende ritmes aanneem in verskillende seisoene vra die geestelike reis ook na ritmes en gewoontes om eerlik te leef in die seisoen waarin God my geplaas het.

 

‘n Goeie somer is die resultaat van ‘n goeie winter!

Lees gerus meer hieronder en kyk ook die video reeks oor Lewensoorgange:

bottom of page