top of page
YT WHITE.png
KIDS WHITE.png

Ons droom dat elke kind…

  • bewus word dat God onvoorwaardelike lief is vir elkeen en ook daardie liefde sal uitleef in hul wêreldjies.

  • kan eksperimenteer om God te hoor en sien - in hom-/haarself, in mekaar, in die natuur en in sy/haar hele lewe.

  • die veiligheid sal ervaar om eerlik te wees, te mag vrae vra en saam te soek.

  • dit geniet! SPEEL is een van die grootste geskenke van God!

  • Ons droom dat elke kind sal “fun” hê as deel van sy belewenis van God.

Kinders is ons grootste geskenk, maar ook ons grootste verantwoordelikheid. Jesus was passievol oor kinders en het hulle ten alle koste probeer beskerm teen 'n ongesonde kultuur wat hulle beroof van wie hulle werklik is. 

IS JOU KIND NUUT BY Kids@InVia of YoungTeens@InVia? Registreer gerus HIER vir die In Persoon geleenthede . Jy is welkom om die registrasie vorm digitaal in te vul.

HOE en WAAR kan ek 'n betrokke raak?

 

Ons het altyd ekstra hande nodig op 'n Sondag om lessies uit te voer, speletjies te speel en tyd saam met die kinders te spandeer. Geen ondervinding is nodig nie - bloot energie en liefde om uit te deel!

Indien jy sou belangstel om as vrywilliger/medewerker betrokke te raak op 'n Sondag, of enige ander vrae het rondom Kids@InVia kontak gerus vir Larné Human.

 

Vir enige vrae rondom YoungTeens@InVia kontak gerus vir Chrislie Dreyer

bottom of page