top of page
christian-perner-vXzd4IH4J4c-unsplash.jpg

WIE IS ONS | LEIERSKAP

InVia sien leierskap as ’n belangrike gawe vir die bestuur en visionering van die gemeente. Daar is nie ’n bloudruk vir leierskap in die Bybel nie, dit is eerder organies van aard, en verskillende mense is om verskillende redes in verskillende omstandighede aangestel.

 

Die ouderlingsforum is die wetlike liggaam waar die besluitneming by InVia berus.

 

Die ouderlingsforum bestaan uit ’n voorsitter, sowel as verteenwoordigers van die onderskeie InVia-kampusse. Die verteenwoordigers bestaan onderskeidelik uit ouderlinge en kampusleiers. Ouderlinge bestuur oorhoofs, terwyl die kampusleiers na die kampusbelange omsien. Die funksies en pligte word binne die Grondwet omskryf.  Binne die ouderlingsforum word veral gefokus op die bestuursfunksie en nie noodwendig pastoral- of lerendfunksies van ouderlinge nie. Die volgende gawe is ter sprake wat in 1 Timoteus 5:17 beskryf word:

 

  • Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbel eerwaardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer. (OV)

  • With a gift of leadership ... (JB Phillips)

  • Officers of the church ... (TCWT)

  • The elders who direct the affairs of the church ...(NIV)

 

InVia glo in deelnemende besluitneming en daarom is dialoog en fasilitering kernwaardes wanneer daar oor sake onderskei moet word. In die lig hiervan benader ons hierdie proses met gebed en groot omsigtigheid.  Ons strewe na karakter en ‘n lewe van kontemplasie as die basis van leierskap. Die oorkoepelende leierskpasfunksies gaan oor pastorale sensitiwiteit, dogmatiese integriteit en visionêre leiding wat gegee word. Eienskappe soos leierskap, besigheids- en bestuursondervinding, mensekennis, die vermoë om in ’n span te funksioneer, leerbaarheid en volwassenheid is belangrike kwaliteite in die vervulling van hierdie taak.

 

Aanstellings geskied deur nominasie, keuringsproses en ’n geleentheid vir beswaar teen die voorgestelde lede.

Stellenbosch se raad van ouderlinge (RVO):

  • Mauritz Venter (Voorsitter van raad)

  • Christine Strutt (Addisionele lid)

  • Karien Winter (Addisionele lid)

  • Cor Booysen (Hoof van Finansies)

  • Theo Geyser (Spanleier)

bottom of page