top of page
.jpeg

INVIA | KAAPSTAD

InVia Kaapstad is 'n kontemplatiewe geloofsgemeenskap in Kaapstad. Raak gerus deel van die volgende:

Sondag-byeenkomste

Elke Sondag 18:30 kom ons lewendig aanlyn via Zoom bymekaar. Die preek word ook later in die week op YouTube gelaai. Skakel gerus in op Zoom met die skakel.

Sirkels

In die natuur kry ons nie boksies nie, maar ons kry baie sirkels. ‘n Voël bou sy nes in ‘n sirkel, die water-siklus, kos-siklus, wind beweeg in ‘n sirkel, die natuur beweeg in ‘n sirkel. Die sirkel simboliseer eenheid en heelheid, met God, jouself, ander en die natuur.

 

Die sirkel proses of ‘circling’ is ‘n manier om byeen te kom en ruimte te skep vir die ware self, die siel, om sy verskyning te maak. Die sirkel proses is ‘n eeue oue proses wat ook onderandere deur die inheemse Amerikaanse stamme gebruik is om konflik te hanteer.

By Invia gebruik ons die sirkel formaat in al ons byeenkomste en groei geleenthede, die onderskeidings tydperk, ‘retreats’, gemeente naweek, bergskool, en self in ons gemeente vergaderings.

 

Huidiglik het ons drie sirkels wat in Kaapstad bymekaar kom: 

  • Elke Woensdag om 18:30 in Oranjezicht

  • Elke tweede Woensdag om 19:30 in Groenpunt of Tamboerskloof

  • Elke tweede Donderdag van die maand om 18:30 op verskeie plekke in en rondom die stad (hierdie sirkel word elke maand by iemand anders se huis gehou)

As jy belangstel om by 'n sirkel betrokke te raak, of dalk jou eie sirkel wil begin, laat weet ons gerus by inviakaapstad@gmail.com.

InVia Adventures

 

InVia Adventure fokus op uitstappies en avonture in die buitelug. In die verlede was daar rotsklim, duik, staptoere, bergklim, kayak uitstappies tussen walvissie, en nog meer. 

Sluit aan by die INVIA Adventures WhatsApp Groep om op hoogte te bly van al die gebeure!

Kontak gerus ook JG Brits vir enige vrae rondom INVIA Adventures

Nuus uit die Kaap

Wil jy op hoogte bly van ons algemene nuus oor InVia Kaapstad? Sluit gerus by ons Nuus WhatsApp Groep

 

VOLG OOK ONS SOSIALE MEDIA PLATFORME:

  • Instagram
  • Facebook
  • YouTube
bottom of page