
IN STILTE | WEES NET
“The real meditation is how you live your life.”
– Jon Kabat-Zinn
WeesNet is ’n internasionaal erkende 8-weke-kursus wat jou leer hoe om op ’n nuwe manier teenwoordig te wees in jou eie lewe. Die kursus is oorspronklik deur Dr Jon Kabat-Zinn ontwikkel — en word nou wêreldwyd aangebied as ’n pad na innerlike welsyn, stilword en selfdeernis.
InVia se WeesNet-aanbieding word met sorg en insig gefasiliteer deur Winnie Nel, ’n opgeleide meditasie-onderwyser wat in hierdie transformasie-kurrikulum gespesialiseer is. Winnie deel nie net die inhoud nie, maar bring ook haar eie pad van innerlike groei en stilte na elke sessie.
Wat jy kan verwag om te leer:
-
Hoe om bewustelik teenwoordig te leef — en jou denkpatrone en hul impak op jou emosies en liggaam raak te sien
-
Hoe om jou siel te versorg, en in stilte by ongemak teenwoordig te bly sonder oordeel
-
Praktiese maniere om ou patrone te transformeer, gewoontes te verander en jou stresrespons te versag
-
Om veerkragtiger te leef en met groter selfdeernis en bewustheid te reageer
-
Jy sal stadig maar seker bewus word van jou eie skadukant — sonder veroordeling
-
En dalk, net dalk, leer jy om ’n lewe van ware Stilte binne jouself te vind
"Ek kan uit persoonlike ervaring getuig dat hierdie kursus ware transformasie in jou kan bewerkstellig.
Al die wysheid wat reeds in jou teenwoordig is sal jou saggies lei na waters waar rus is."
“Na alles, probeer bietjie Niks !" - Winne Nel

Hierdie 8 weke was regtig lewensveranderend vir my. Al stap ek al lankal ’n pad met stilte, het Winnie se begeleiding my gehelp om bietjie van die ‘doen-brein’ te ontsnap en ook net te ‘wees’ in God.
Ek voel hierdie is ’n wonderlike geleentheid vir almal om soos Jesus, gereeld ’n breuk te neem van die dolle gejaag en in stilte weer hul asem (en hulself) te vind.