WAT DOEN ONS | KURSUSSE
Die Enneagram help ons met die reis na binne. Jesus het geleer dat die koninkryk van God binne-in ons is. Hierdie instrumente help ons om ons ware geskapenheid of ware self te ontdek en uit te leef.
Enneagram 1.0
Ons almal kyk met verskillende brille of lense na onsself, na God en die wêreld om ons - maar ons is nie bewus van die lense waardeur ons kyk nie. En dit wat jy nie van jouself weet nie, kan nadelig wees vir jou en al jou verhoudings. Soos Carl Jung sê 'Until you make the unconscious conscious, it will direct your life and you will call it fate.'
Terugvoer van mense wat dit reeds gedoen het:
Baie dankie vir hierdie ongelooflike tool vir my lewe vorentoe. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ek wens een en elke mens in die wêreld kan so iets doen. – Christa
Die Enneagram was vir my en my man ‘n wonderlike en onvergeetlike ervaring. Dit wat ons daar kon leer van onsself en ook om ander beter te kan hanteer was absoluut lewensveranderend. - Marthie
Die Enneagram is een van die grootste geskenke wat ek nog ooit ontvang het. Dit het my met ‘n ervaring gelaat van groot dankbaarheid en aanvaarding vir myself en vir ander mense, en God se glimlag oor my lewe. - Paul
"Ek het my nommer, wat nou?"
Verdere Enneagram geleenthede vir Geestelike Groei en Transformasie:
Om bewus te raak van jou Enneagram-nommer in Enneagram 1.0 is slegs die begin van jou reis en nie die eindbestemming nie.
Deur jou nommer te ken verander nie outomaties jou verhoudings of jouself nie. Daar is gelukkig wonderlike dissiplines, ritmes en gewoontes wat jou kan help om elke dag meer bewus te word van my ego se patrone en hoe dit my verhinder om my volle EK te wees. Daarom sê Jesus ons moet elke dag ons kruis opneem…
With God’s help, I shall become myself. – Soren Kierkegaard
Ons het verskeie geleenthede wat jou kan help op hierdie reis van bewuswording en transformasie:
Kursus: Living As Love
Loving is the most difficult spiritual work any of us have to do! – Calhoun & Loughrige
In hierdie 8 weke kursus gaan ons die kennis van die Enneagram gebruik om meer bewus te word van die struikelblokke in ons elkeen se lewens wat ons verhinder om liefde te ontvang, te gee en ook te WEES. Dit is ‘n innerlike en geestelike reis waar ons God uitnooi om Sy lig in ons te kom skyn en ons te help en te leer om regtig liefde te WORD.
Ouerskap & Enneagram
Die fokus van die ouerskapkursus is tweeledig:
-
eers op die uitnodiging en uitdagings vir jou as ouer binne jou eie tipe,
-
en dan op julle kinders en hoe ons as ouers elke tipe beter kan verstaan en hanteer en sodoende gesonde verhoudings kan kweek. Hou gerus dié spasie dop vir toekomstige kursus geleenthede.
Enneagram en Skaduwerk Retreat – “Owning your shadow”
Hou gerus dié spasie dop vir toekomstige kursus geleenthede.