top of page
Image by Takahiro Sakamoto

WAT DOEN ONS | IN ALLES

Hoe ontmoet ons God IN ALLES?


InAlles is gebore toe mede-reisigers van God mekaar op die pad ontmoet het, elk op hulle eie reis saam met St. Ignatius Loyola en die Jesuits Instituut. Om God in alle dinge te vind is die kern van Ignatius se spiritualiteit, gewortel in ons groeiende bewustheid dat ons God in elke mens, op enige plek en in alles kan vind.

 

As ons leer om meer bewus van God te raak, ontvang ons die genade om met dankbaarheid te lewe. Gevolglik leef ons meer toegewyd aan God, het ons Hom lief en ervaar ons Hom meer intiem.

InAlles se droom is om geleenthede te skep waar jy, as geliefde van God, jouself in ‘n spasie kan plaas om die waarheid te hoor te midde van ‘n gejaagde wêreld en die vals stemme.

"In the spiritual life, the word ‘discipline’ means ‘the effort to create some space in which God can act’. Discipline means to prevent everything in your life from being filled up. Discipline means that somewhere you’re not occupied, and certainly not preoccupied… to create that space in which something can happen that you hadn’t planned or counted on."

Henri Nouwen

InAlles bied groei-geleenthede aan soos stil-oggende, retreats, Spiritual Exercise en Geestelike Begeleiding.

 

Kontak gerus Anna-Lize vir meer inligting rondom InAlles.

bottom of page