top of page
christian-joudrey-aO_jMXTduUE-unsplash.jpg

WAT INSPIREER ONS |
GELOOFSGEWOONTES

Die stamwoord vir “regula”, of riglyne, of gewoontes, is trellis, wat raamwerk beteken. Geloofsgewoontes is soos steierwerk wat gebruik word om ’n plant te stut. So kan ’n plant groei, dieper én hoër. Wanneer die plant nie meer homself kan stut nie, maak die trellis dit moontlik vir die plant om steeds geanker en groeiend te bly.

 

Hierdie was die raamwerk, die rankplek, waarbinne die eerste gelowiges geleef het. ’n Wyse van leef (inderdaad ’n leefwyse) om die ongeforseerde ritmes van genade te leer ken. Hulpmiddels tot ons beskikking om die heilige in die alledaagse te beleef, of om die alledaagse as heilig te beleef. Die woord “regula” het ook te make met gereeld (die Engelse “regular”). Dit is dus riglyne wat voortdurend voor oë gehou moet word: “Keep the discipline, and the discipline will keep you.”


Die gesindheid agter die beoefening van geloofsgewoontes is egter veel eerder een van gewilligheid as wilskrag of selfdissipline. Ons moet nooit uit die oog verloor dat hierdie gewoontes nie gerig is daarop om God nader aan ons te bring of om Sy guns te wen nie. 


“The question is not ‘How am I to know God?’ but 
‘How am I to let myself be known by God?’ 
And finally, the question is not ‘How am I to love God?’ 
but ‘How am I to let myself be loved by God?’ 
God is looking into the distance for me, trying to find me, 
and longing to bring me back home.”

Henri Nouwen


Om jou te kan verlaat op die Here, is die uitgangspunt van al die geloofsgewoontes. Om sagkens met jouself om te gaan en weet dis meer dikwels ’n oefening in mislukking as enigiets anders. Om te kan rus in God, want behalwe vir slaap is die hele lewe eintlik maar een van regkry, of ten minste probeer. Om tot verhaal te kom, omdat ons meestal so besig is dat ons binnewêrelde nie asem kry nie, en so versmoor en suur raak.
 

As jy ’n geloofsgewoonte deel uitmaak van jou lewe, stel jy jouself oop vir Goddelike terapie. God doen die werk. Die vrug van die Gees sal meer aktief wees in jou daaglikse lewe, so moenie noodwendig daarvoor soek in jou oefening nie. God is in beheer daarvan. Hy kan werk waar die verstand nie kan bykom nie. Hy kan anderkant die grense van jou denke werk. 


Watter beter Skrifgedeelte om hierdie wonderlike, dog misterieuse werklikheid te illustreer as Psalm 139, in sy geheel:


Here, U deurgrond en ken my…
Deurgrond my, o God, en ken my hart: 
toets my en ken my gedagtes; 
en kyk of daar by my ’n weg is van smart,
en lei my op die ewige weg!


En hierdie pragtige vertaling van Eugene Peterson:


God, investigate my life;
get all the facts firsthand.
I’m an open book to you;
even from a distance you know what I’m thinking…
Investigate my life, O God,
find out everything about me;
cross-examine and test me,
get a clear picture of what I’m about;
See for yourself whether I’ve done anything wrong -
then guide me on the road to eternal life.


Die gewoontes of gebede is nooit die doel op sigself nie; intimiteit met God is. Ons kan nooit eerste die liefhê-“werk” doen nie. God het ons eerste liefgehad en ons lewens kan bloot ’n antwoord daarop wees. 


“A spiritual discipline is the human effort to create open space 
to listen to the voice of the One who calls us beloved.”

Henri Nouwen


Ronell Bezuidenhout maan ons: “Geloofsgewoontes het nie ten doel om jou ’n beter Christen te maak nie. Dit wil jou ’n mensliker mens maak. Jou ’n ruimer hart gee.” 


Geloofsgewoontes kan alleen of saam met ander mense beoefen word. Dit bly egter oefening en niemand is veronderstel om goed te lyk terwyl hulle oefen nie. Paulus se raad aan Timoteus is: “Oefen jou … om in toewyding aan God te lewe.” (1 Tim. 4:7) Brian McLaren skryf só in Finding Our Way Again: The Return of the Ancient Practices: “Geestelike oefeninge gaan oor léwe. Om ons in te oefen om die soort mense te word wat oë het en werklik raaksien, wat ore het en werklik hoor.” 


Bly herinner jouself daaraan dat dit nooit ’n “performance” moet raak nie.


Going through the motions doesn’t please you,
a flawless performance is nothing to you.
I learned God-worship
when my pride was shattered.
Heart-shattered lives ready for love
don’t for a moment escape God’s notice.”


Ps. 51:16-17 MSG


Geloofsgewoontes stel ons in staat om voortdurend gereed te maak vir die liefde om Sy opwagting te maak. Om Liefde in al sy vorme te kan raaksien.   Geloofsgewoontes is nie net vir die “geestelike” jy nie. Die waarheid is dat ons nie die verskillende dimensies van onsself kan skei nie, ons kan dit hoogstens ónderskei. Hierdie riglyne is op wonderbaarlik holistiese wyse aanmekaargeweef en verweef met mekaar om werklik al die fasette van ons menswees aan te raak. Om al die dimensies van wie ons is - liggaam, siel, gees, verstand - te kan instel om in aanraking te kom met Liefde. God, nie as objek wat die ego kan indeel in ’n kategorie of beoordeel nie, maar as Liefde. Om die Here, jouself, ander mense en die aarde te kan liefhê met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou krag (Mark. 12:30). Om te kan oefen om werklik teenwoordig - dikwels letterlik: teen woorde - te wees deur jou bewegingshoofkwartier, jou emosionele hoofkwartier en jou verstandelike hoofkwartier in te stel om een te wees sodat gees tot Gees kan verkeer.


Geloofsgewoontes stel al ons realms in staat om spontaan te resoneer - “een Hart, een Wese, een Wil, een God, alles in Een en Een in alles” - en as dit gebeur, bars daar musiek los in al die sfere. As dit nie gebeur nie, heers daar disharmonie en word ons siek. Lyfsiek, sielsiek, kopsiek en geessiek.


Die gebed van Paulus vir die Efesiërs (Ef. 3:14-21) som die “doel” van geloofsgewoontes so mooi op:


“Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader 
van onse Here Jesus Christus…
dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word

deur sy Gees in die innerlike mens,
sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, 
julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,
en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp 
wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,
en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, 
sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.
En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons kan bid of dink,

volgens die krag wat in ons werk,
aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus 
deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.”


“Father, out of Your honourable and glorious riches, strengthen Your people.

Fill their souls with the power of Your Spirit 
so that through faith the Anointed One will reside in their hearts
May love be the rich soil where their lives take root. 
May it be the bedrock where their lives are founded 
so that together with all of Your people 
they will have the power to understand 
that the love of the Anointed is infinitely long, wide, high, and deep,

surpassing everything anyone previously experienced. 
God, may Your fullness flood through their entire beings.

Eph. 3:16-19 THE VOICE

 

 

Hier is aflaaibare Geloofsgewoonte handleidings in PDF formaat:

bottom of page