Painting Wall

KURSUSSE | LIVING AS LOVE

God IS liefde. Robert Holden sê: There is nowhere that love is NOT. 

Ons almal glo dit maar tog lyk dit nie of daar oral liefde is of dat die wêreld meer liefdevol word nie. Inteendeel. Al hoe meer verhoudings verbrokkel en dit lyk of mense al hoe meer fokus op hulself, of kyk wat ek kan uitkry uit die lewe - al is dit ten koste van ander. 

Liefde lyk soos ‘n baie raar iets… as jy ware liefde ervaar of teëkom is jy eintlik baie gelukkig.

Wat beteken dit dan as ons glo dat God liefde IS en dat ons uit God gebore is, en ons wese is deel van Sy wese?  

Dan is ons ook eintlik liefde! Liefde is ook deel van ONS wese. 

Maar ons besef dit nie altyd nie. Ons het so baie verdedigingsmeganismes rondom ons gebou om ons te beskerm – teen seerkry of teleurstelling – dat ons heeltemal kontak verloor het met hierdie liefde wat reeds binne-in ons is, wat reeds deel is van ons wese. 

Die uitnodiging is om te ontdek wat is die struikelblokke wat my verhinder om hierdie liefde (wat reeds deel is van my en wat elke oomblik tot my beskikking is), regtig myne te maak, te ontvang, en ook te gee en te WEES…

In hierdie 8 weke gaan ons met die wysheid van die Enneagram meer bewus raak oor hoe ons onsself toemaak of afsny van hierdie liefde wat reeds in ons is. Dit is ‘n innerlike en geestelike reis waar ons God uitnooi om Sy lig in ons te kom skyn en ons te help en te leer om regtig liefde te word.​​

Your task is not to seek for love, but merely to seek and find all the barriers within yourself that you have built against it. 

 

- Rumi

Volgende Living As Love geleenthede:

1) Elke Dinsdagoggend vir 8 weke vanaf 1 Feb - 22 Mrt via Zoom

Tyd: 9:30 – 11:30

2) Elke Dinsdagaand vir 8 weke vanaf 1 Feb - 22 Mrt via Zoom

Tyd: 19:00 – 21:00

Donasie: R800 pp.

Hierdie kursus word aangebied deur twee welbekende Enneagram leraars en kundiges: Russ Hudson & Robert Holden

 

Living as Love Retreat:

Die Living as Love-Retreat is vir mense wat reeds die Living as Love-kursus gedoen het. Hierdie Retreat by CBC bied die geleentheid om tyd in stilte en die natuur te spandeer met al die nuwe kennis en bewuswordings, met die hoop om hierdie waarhede nog dieper te laat insink en deel te maak van ons lewe.

Indien jy al vorige jare hierdie kursus voltooi het is jy ook welkom by die geleentheid:

Datums: 27-29 Mei 2022

Koste: R2 290 per persoon (R800 deposito met registrasie om jou plek te bevestig.) 

Venue: Stellenbosch

Enige vrae?

Kontak ons by inviagemeente@gmail.com om jou plek te bespreek of wilmageyser@gmail.com vir enige navrae!

Jy is ook welkom om ons AFLAAIBARE ENNEAGRAM AFFIRMATIONS deel te maak van jou reis IN heelheid.

Love is unconditional.
Otherwise, it is not love.
I love you because I love you without a because.

- Robert Holden