top of page

BERGSKOOL | LEWENSOORGANGE

Wat is Bergskool?

Bergskool het onstaan om kinders gedurende die belangrike lewensoorgang na adolosensie by te staan. Dit behels 'n proses van 'n jaar lange voorbereiding, 'n kamp en 'n jaar van begeleiding daarna (as Warriors)

Berge het ‘n besondere betekenis in Bybel. Dit was telkemale die ruimte waar mense se lewens ten diepste geraak en verander is. Soms deur ‘n roeping, ‘n worsteling, naamsverandering of selfs ‘n fisiese litteken. Dink maar Abraham, Moses, Elia, Jakob, Petrus of Jesus. Dit was die skool waarbinne mense se roeping (wie hulle is)  en missie (wat hulle moet doen) duidelik geword het. Hierdie ervaring en nuwe wysheid het gelei tot ‘n drastiese lewensoorgang en nuwe begin.

Ons lewe is soos ‘n huis met kamers, en ons beweeg gedurig deur een kamer na ‘n ander om te kom waar ons moet wees. Die kamers het deure (passage), en die deur help jou om van een plek (lewensfase) na die ander te gaan. Vier groot kamers op ons lewensreis is die kamer van die Kind, Adolosent, Volwassene en die Wyse Gryse.

Bergskool poog om kinders (Graad 7) te help met hulle belangrike lewensoorgang na adolosensie.

 

Hoe het Bergskool ontstaan?

InVia het in 2012 ‘n kamp by Bergbron in Wellington gehou met die tema: “Twee Helftes van jou Lewe.” Dit het diep geraak en ‘n gespreksgroep is daaruit gebore om te probeer verstaan wat dit vir die InVia-gemeenskap moontlik kon beteken. Daar is die droom gebore om die InVia-gemeenskap te ondersteun om die onderskeie oorgange van hulle lewensfases te ondersteun deur die skep van mentor- en fasiliteringstrukture. Die eerste Bergskool het in 2014 afgeskop nadat ons ‘n span fasiliteerders opgelei het en kinders van Stellenbosch en Perrivale begelei het.

Registreer gerus HIER vir Bergskool 2024.

Kyk gerus hier na die InVia Bergskool 2021 video:

Ons ondersteun ook die #AKSIE projek om hierdie geleentheid vir minder bevoorregde kinders vanuit omliggende areas.

Hierdie kinders huisves GROOT WAARDE vir ons land, ten spyte van die uitdagings wat hulle daagliks in die gesig staar soos 'gangsterism' en beperkte geleenthede.

 

Elke jaar kyk ons hoe vriendskappe ontwikkel tussen kinders van verskillende ekonomiese omstandighede, kulture en agtergronde.

BSriverMbali.JPG
BSCanoeLyle_brett.JPG

Vir finansiële bydraes, gebruik die verwysing:  BERGSKOOL AKSIE

 

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak, kontak gerus vir Theo.

bottom of page