
WAT DOEN ONS | AKSIE
Ons glo by InVia dat KONTEMPLASIE nie sonder AKSIE kan bestaan nie.
Ons droom dat elke bediening binne InVia ook die Ander sal insluit en opofferings sal maak om mense in nood deur liefde by te staan.
Met InVia se betrokkenheid met gemeenskapswerk en voedselvoorsiening op voetsoolvlak is aardevolle lesse geleer wat ons waargeneem het by verskillende voedingskemas.
Die twee grootstes:
1. Jy kan slegs binne verhouding gee!
2. Kwaliteit is belangriker as die kwantiteit!
HOE en WAAR kan ek betrokke raak?
Ons glo by InVia dat KONTEMPLASIE nie sonder AKSIE kan bestaan nie. Ons droom dat elke bediening binne InVia ook die Ander sal insluit en opofferings sal maak om mense in nood deur liefde by te staan.
Indien jy op enige manier betrokke wil raak by die verskillende platforme van die #AKSIE, kontak ons gerus by inviagemeente@gmail.com.
Om finansiële ondersteuning spesifiek te allokeer, gebruik gerus die VERWYSING van AKSIE, VILLAGE PROJEK of KINDERHUISE.