top of page

WAT INSPIREER ONS | MUSIEK

Musiek is vir InVia 'n versamelnaam. Nie net het musiek die gawe om mense bymekaar te bring nie, dit skep 'n direkte konneksie tussen ons hart, liggaam, kop en siel wat min woorde kan beskryf. Musiek het die gawe om woorde en 'n boodskap sinvol te kommunikeer. Ons is baie dankbaar om in Stellenbosch omring te wees met talentvolle musici wat saam op reis is.

Sondagdienste: In Persoon en In Gemeen

Sondae maak ons musiek saam. Ons glo dat ons liturgie ten einde "the work of the people" moet wees. Dat dit wat in, deur en rondom die musiek, poësie, beelde ens. gebeur uit diep gemeenskap gebore moet word. Indien jy graag saam wil droom oor hoe kontemplasie in en deur dit in ons dienste kan lyk of saam met mede musikante reis en musiekmaak, kontak vir Francois.