
WAT DOEN ONS | IN STILTE
"Listening lies at the heart of our relationship with God." - Trevor Hudson
"God calls each one of us into a transforming friendship with himself - a friendship which is invitational and promises an unfolding journey." - Trevor Hudson
“...Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.” Jesaja 43:1
"We are invited “to create some space in which God can act… to create that space in which something can happen that you hadn’t planned or counted on." - Henri Nouwen
InStilte skep spasies te midde van ‘n gejaagde wêreld, waar jy, as geliefde van God, saam met mede pelgrims, kan opdaag vir hierdie uitnodiging na ontmoetings met God.
Hierdie spasies van afsondering, stilte en tot stilstand kom is nodig om te groei in die vermoë om na God te luister.
-
Afsondering (“solitude”) - Ons sonder onsself af wanneer ons ruimte en tyd maak om alleen met God te wees.
-
Stilte (“silence”) - Ons word stil wanneer ons ophou praat en aandag gee aan wat rondom en binne ons gebeur.
-
Stillstand (“Stillness”) - Ons kom tot stilstand wanneer ons ons besige gedagtes laat gaan en groei in die bewustheid van God se teenwoordigheid in ons harte (sien Psalm 46:10).
Afsondering, stilte en stilstand is nie ‘n poging om te ontsnap uit die lewe nie. Inteendeel, dit ly tot ‘n geïntegreerde lewe en stel ons in staat om met 'n dieper bewustheid van God deur die dag te leef. Dit is waarom Jesus dikwels na die stilte van die woestyn onttrek het.
"We seek “to improve our conscious contact with God.” Trevor Hudson
Namate ons groei en leef in geloof, hoop en liefde, begin ons om God se teenwoordigheid oral te sien – in ons werk, verhoudings, ontspanning en in alle aspekte van die lewe.
InVia bied die praktyk van geestelike begeleiding aan wat jou met jou spirituele reis kan ondersteun.
Geestelike begeleiding is ‘n ritme waar jy jou spirituele reis kan deel met ‘n geestes vriend of mede-pelgrim wat jou help om bewus te word van God se teenwoordigheid, Sy uitnodigings en werking in jou hart te midde van jou alledaagse lewe.
InStilte bied spasies aan soos Stil-Saterdae Oggende, Retreats, Ritme Begeleiding, Ignatian Spiritual Exercises en Geestelike Begeleiding.
Vir meer inligting kontak Invia kantoor.