top of page
Afkondigings (Presentation (169)).png

KURSUSSE | ENNEAGRAM

Die Enneagram maak jou bewus van jou lense in die lewe. Soos Richard Rohr sê: "A good spiritual director is always trying to bring 'who you really are' before 'who God really is." Sonder enige lense! Daarom word die Enneagram nie net 'n persoonlikheidstoets genoem nie, maar een van die waardevolste instrumente vir transformasie en geestelike groei. 

Die Enneagram is 'n stelsel van nege persoonlikheid tipes wat tradisionele wysheid kombineer met die moderne sielkunde in 'n kragtige instrument vir menslike ontwikkeling, self-ontdekking, geestelike groei en self-aktualisering. Die woord Enneagram is van Griekse oorsprong en verwys na 'n diagram met nege punte of lyne.

Een idee wat die grondslag vorm van die Enneagram is dat die mens uit twee belangrike aspekte bestaan, nl “true essence” of  ware self, en persoonlikheid. Elke persoon is 'n unieke "essensiële of ware self" wat nie gereduseer kan word tot 'n kategorie of 'n nommer nie. Maar die Enneagram beskryf die nege patrone of temas waardeur mense 'n persoonlikheid vorm, en 'n sosiale persona, om te voldoen aan die uitdagings van die lewe. Ideaal gesproke, is persoonlikheid 'n doeltreffende manier om onsself uit te druk in die wêreld. Maar probleme ontstaan wanneer ons persoonlikheid ons innerlike of ware self bedek of wegsteek, of ons perspektief op die lewe haak vas en raak rigied. Die Enneagram beskryf die sterk punte en potensiaal van elke tipe persoonlikheid asook sy probleme.

Die Enneagram se fokus is dus nie om jou in ‘n boksie te plaas nie, maar jou juis bewus te maak dat die boksie waarin jy onbewustelik is, nie grense het nie en jy baie groter is as enige boks of persona. Dit verbreed jou wêreld deur jou bewus te maak dat die manier hoe jy onbewustelik na die wêreld kyk, dalk nie die enigste (of beste) manier is nie.

Wat is my eerste tree?

Volgende Enneagram 1.0 geleenthede:

Datums van 2024 Kursusse:

- 18 & 19 Mei, asook 8 & 9 Junie

12 &13 Oktober, asook 2 & 3 November

Tyd: 9:00-17:00 uur elke dag.

Koste: R2950pp (R1000 deposito)

Venue: CBC Stellenbosch

NB: Daar is net plek vir 10 mense per kursus geleentheid.

Enneagram 1.0

Die doel van die Enneagram was nooit om net vir ons ons nommers te wys nie – dit is baie meer as net ‘n lys van 9 verskillende persoonlikhede. Meer belangrik as net hoe ons van mekaar verskil, wys dit vir ons 9 maniere hoe ons verdwaal en kontak verloor met God en wie ons werklik is...

bottom of page