top of page

Toorwoorde: Help!



Die Beatles se liedjie “Help” is vir my soos ‘n Psalm. Daar het iets met John Lennon gebeur wat met ons almal gebeur: Ons bodem val een of ander tyd uit. In ‘n onderhoud vertel hy dat hy die lied geskryf het toe hy soos Elvis oorgewig, desperaat en depressief was. John Lennon wys dat die eerste helfte van ons lewe oor die strewe van onafhanklikheid gaan. En, net soos elkeen van ons, wil ons eerder in determinasie, wilskrag en triomfantalisme glo. Dan gee God ons ‘n wonderlike gawe: Hy beroof ons van ons onafhanklikheid. Hy oorrompel en oorval ons subtiel met liefde. Soms kom Hy in die storm, of die stilte, die huil of die lag sodat ons die belangrikste woorde ooit kan sê: Here, help my! Ons gesels Sondag oor hoe ons hierdie kragtige woord kan sê. Woorde het nie inherente krag nie, maar kan gestring word. Soos Antjie Krog sê, dis nie mooi woorde wat ons beweeg nie, maar die reg-te woorde wat ons beweeg. Wanneer ons weet waarom ons dinge sê, kan dit met ons toor…

bottom of page