top of page

Op Pad: Heelheid



Hand. 26:12-25.

Ons gesels die volgende paar weke oor wat ons droom vir ons gemeenskap by InVia. Elke droom en nuwe jaar het ‘n klomp uitnodings wat ons op nuwe en opwindende plekke van heelheid kan laat beland.

Die plekke en lewe is klaar vir ons gekies. Die pad is in heelheid en nie na heelheid toe nie.

Ons moet net ‘ja’ sê vir dit wat reeds aan ons gegee is.

Die vier groot keuses gaan oor God, ander, gebed en liefdevolle dade. Gebed is ‘n doelbewuste keuse om saam met God na onsself en ander in liefdevolle dade na die wêreld te probeer kyk. Ons begin met Paulus se skrywes en verstaan van Jesus wat ons uitnooi op hierdie ongelooflike pad.

Ons kyk Sondag na Paulus se bekering en hoe dit ons kan help om binne ‘n diep verhouding met God te leef.

Ongelukkig dra die term bekering baie bagasie omdat baie bekerings nie lei tot heelheid nie maar eerder na fragmentasie en vyandigheid.

Ons gesels oor drie goed wat met Paulus se bekering gebeur. Sy motivering, sy val en sy blindheid. Ware bekering begin by die insig en motivering van my lewe, om my val te sien en te verstaan en dan die bereidheid om ook met blindheid God te volg.

“Before the truth sets you free, it tends to make you miserable.”

Richard Rohr

 

Wil jy weekliks ons nuusbrief ontvang? Teken hier in

 

bottom of page