top of page

My Bloudruk: Van Skep Na Skep



Om net 'n wet te gehoorsaam is maklik. Om my motivering te verstaan waarom ek daardie wet gehoorsaam, is baie moeiliker. Om die regte ding te doen, beteken nie noodwendig dat dit die regte motiewe voorveronderstel nie.

Jesus het telkemale sy dissipels bewus gemaak hoe maklik die gaping tussen ons gedrag en motivering ontstaan.

Die klassieke voorbeeld wat Jesus gebruik is die van owerspel, waar hy jou innerlike begeertes en passies gelykstel aan jou uiterlike gedrag! “Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.” Matt 5:28

Dieselfde beginsel geld vir diefstal. Die betekenis van die woord sinspeel ook 'n verskansing. Dit beteken letterlik: Kruip, tip-toe, sneak, toe te maak, luister in geheim.

Paulus trek 'n verband tussen diefstal en ons werk (Ef 4:28), bloot omdat oneerlike werk ook diefstal kan beteken. Dit bring verdere vrae oor hoe ons geld verdien en wat ons met daardie geld doen. Ons hoor die woorde ‘monopolie kapitaal’ gereeld in die land, en ‘n belangrike dialoog gaan reeds oor die misbruik van ons mag deur oneerlik met ons geld om te gaan.

Ons gesels Sondag oor hoe ons eerbaar met ons werk kan omgaan sodat ons nie van mense en God steel nie.

 

Wil jy weekliks ons nuusbrief ontvang? Teken hier in

 


bottom of page