top of page

Vreemde Geluk Deur Honger En Dors



‘n Vriend van my het ‘n ruk gelede getrou en toe ‘n nuwe betrekking op ‘n wildsplaas aanvaar, wat beteken het hy moes drie maande sonder sy vrou op ‘n nuwe plek gaan woon. Hy het hom amper dood verlang en sê dat hy letterlik elke sekonde die verlange in sy liggaam kon voel bons.

Bob Dylan ken ook hierdie verlange: “I hear the clock tick, I’m lovesick”.

Dink net hoe aaklig sou die lewe wees indien ons nie kan begeer of verlang nie.

Ons is geskape met ‘n honger en dors vir mekaar. God verlang en begeer ook. God voel ook elke sekonde die verlange in sy liggaam pols. Hy wys sy liggaam in Jesus. Hy huil en lag, soek, begeer, verlang, word bang, en kwaad.

Omdat ons na God se beeld (Imago Dei) geskape is, wys elke verlange en begeerte in ons ook na God.

Die mooi en die lelik.

Verlange’s is twee dimensioneel. Dit het oppervlakte en diepte. Die oppervlakte is eksplisiet, dit waarvan ons duidelik bewus is. Soos byvoorbeeld my vrou wat ek begeer. En, die diepte is implisiet, waarvan ons nie duidelik bewus is nie. Soos ek kan dalk ‘n “one night stand” hê nie omdat ek die vrou begeer nie, maar omdat ek eerder ‘n behoefte aan intimiteit het.

Daarom koppel Jesus ons fisiese honger en dors ook aan dieper, meer implisiete behoeftes in ons lewe (Joh 4:13-14, Matt 5:6, Joh 7:37).

Ons gesels Sondag oor hoe ons meer bewustelik kan omgaan met die dieptes van ons verlange en begeertes. Ons gaan kyk hoe elke begeerte sy rus in God kan kry.

Anders loop ons die gevaar om onsself dood te verlang…

 

Wil jy weekliks ons blogs ontvang? Teken hier in

 


bottom of page