top of page

Vreemde Geluk Deur Afhanklikheid



Elke feëverhaal sluit met die mens se diepste verlange af: “And they lived happily ever after…”

Die Saligsprekinge leer ons iets oor hoe Jesus dink oor geluk. Hy sou die sin dalk verander het na “…right now, and not happily ever after”.

Ons is geskape om ons diepste vreugde in God te kry, maar Jesus het geweet ons gaan dinge najaag wat dalk lyk en voel soos geluk, maar wat dit glad nie is nie.

Hy nooi jou na ‘n vreemde geluk.

Die Saligsprekinge is Jesus se langste lering (en ironies ook, die meeste aangehaal) vir ‘n baie goeie rede: Dit is waarmee ons die meeste sukkel. Die woord salig beteken: Om ekstaties bly te wees, en om selfs beny te word.

Hierdie blydskap kry jy nie in ‘n suksesvolle werk of eksotiese vakansie of jou laaste prestasie nie. Jy kry dit op vreemde plekke soos in trane, armoede, honger en dors en die plekke wat ons vermy.

Ons gaan die volgende paar weke gesels oor hoe ons in die hier en nou in die diepste blydskap en vergenoegdheid met God kan lewe.

Ons skop Sondag af met afhanklikheid.

"You're blessed when you're at the end of your rope. With less of you there is more of God and his rule."

Matt 5:3 MSG

 

Wil jy weekliks ons blogs ontvang? Teken hier in

 

bottom of page