top of page

Simbole Vir Die Lewe: Juk



“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” Matt 11:28-30

Ons lewe word vandag deur simbole bepaal. Steve Jobs het die kultuur reg gelees toe hy besef het dat die mens makliker sy pad met die hulp van simbole op ‘n rekenaar gaan vind, as bloot net koue, kliniese rekenaartaal.

Ongelukkig het godsdienstige simbole binne ‘n moderne tyd amper heeltemal verdwyn.

Die mens se hart en brein werk egter met simbole, en daarom nooi Jesus jou uit om met simbole te identifiseer. Die woord simbool beteken letterlik om ‘saam te bring’ of te ‘verenig’. Simbole help ons om die wêreld waarvoor hulle staan te betree en ons daarmee te verenig.

Die simbool van ‘n juk word meer as 50 keer in die Bybel gebruik. ‘n Juk is iets wat op jou nek geplaas word sodat jy ‘n sekere taak kan verrig. Die simbool van ‘n juk was gebruik om na iemand se lering te verwys (Matt 23:4; Hand 15: 7-12). Met ander woorde, jou interpretasies oor God werk soos ‘n juk. Dit stuur jou in ‘n rigting, en wanneer jy in die verkeerde rigting beweeg word die juk baie swaar.

'n Juk bepaal met ander woorde die rigting van jou lewe.

Ons gesels Sondag hoe ons by God kan leer, en hoe die regte juk of lering ons ligter en vry kan maak!

“Are you tired? Worn out? Burned out on religion?

Come to me.

Get away with me and you’ll recover your life.

I’ll show you how to take a real rest.

Walk with me and work with me—watch how I do it.

Learn the unforced rhythms of grace.

I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you.

Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

Matt 11:28-30 MSG

 

Wil jy weekliks ons blogs ontvang? Teken hier aan

 


bottom of page