top of page

Wysheid Vir Die Lewe... Wysheid Vir Die Toekoms



Ons land en die wêreld is deurmekaar. Ek lees vandag in die koerant dat die verbruikersvertroue die laagste sedert 1994 is. Populistiese retoriek, soetsappige beloftes, fundamentalisme en gevaarlike regse ideologieë is aan die orde van die dag.

Dit maak die wêreld ‘n onveilige plek en skep ‘n toekoms van chaos, vrees en onsekerheid.

Moeilike tye vra na groter wysheid. Hoe ons op ons innerlike wêreld reageer is krities belangrik omdat dit die plek is waar God wysheid aan ons gee. Om alles net te veroordeel, of om bloot uit ons negatiwiteit of vrees besluite te maak, kan ons duur te staan kom.

Soms sê ons negatiwiteit, en apatiese geloof meer oor ons as die wêreld wat ons bang maak.

Spreuke 24:14 leer ons dat ons toekoms ten nouste verbind is aan die wysheid wat ons by God kan kry. Spreuke reken ons kan die wysheid oor ons toekoms ‘vind’, wat impliseer dat ons daarna moet soek. Die soeke gaan nie soseer oor die regte antwoord nie (dan sou kennis voldoende wees), maar eerder oor die integrering van my lewe in God en met alles om my.

Ons gesels Sondag oor hoe om wys met my toekoms om te gaan.

 

Wil jy weekliks ons blogs ontvang? Teken hier aan

 


bottom of page