top of page

Waar Is My Lewe Heen?: Waar's My Pa?


“Waar is my pa?” Hierdie brandende vraag is op die lippe van die meeste kinders. Daar is ‘n wêreldwye tendens dat al hoe meer pa’s afwesig is.


Daar is baie redes, van die grootste is: Meer egskeidings, armoede wat pa’s forseer om weg te gaan, en ‘n nuwe tegnologiese teenwoordigheid wat hartspasies in verhoudings steel, en seker nog baie meer. Ongeveer die helfte van kinders in SA onder die ouderdom van 15 word groot sonder ‘n pa.


Die verlies en afwesigheid van ‘n pa skep ‘n honger na ‘n konneksie en seën wat kinders dan op ander plekke gaan soek. Dit staan bekend as “The Father Hunger.” Jakob was so seun. Sy reis was vol hartseer en dalk die argetipe van die meeste jong mans. Die verlies van sy pa se teenwoordigheid veroorsaak dat hy ‘n valse identiteit aanneem. Hy ‘word’ sy broer Esau om aanvaarding of die seën van sy pa te kry.


Hy lewe met ‘n ander naam.


Afwesige pa’s kan slegs teenwoordig word wanneer hulle uitvind wie hulle regtig is, en ook lewe met die regte vadersfigure en die gawe van vaderskap met ander deel.


Ons gesels Sondag by Stellenbosch oor die verhouding tussen Isak en Jakob en hoe ons teenwoordig kan wees vir ons kinders.

bottom of page