top of page

Waar Is My Lewe Heen?: Noudat Ek Ouer Is...


Die grootste groeiende deel van die populasie is mense wat ouer is as 65 jaar. Mense gaan binnekort langer leef as wat hulle beplan het en tien teen een hulle beleggings uitoorleef. Ons minimaliseer bejaardes en noem hulle pensioenarisse wat kwalifiseer vir afslag. Hulle sorg-las op die wêreldekonomie word ‘n probleem vir baie lande.

Ouderdomsdiskriminasie beleef ‘n herlewing omdat “anti-ageing” die nuwe evangelie geword het. Geen positiewe stories van oudword verskyn op enige advertensie nie. Ons gryp na botoks, stamselle, wonderkure, plastiese chirurgie en salwe soos besetenes.

Ons vermy die dinge wat ons herinner dat ons oud word en buig voor die “youth-worshipping-death-denying-culture” wat jou die ewige lewe kan gee.

Wonderkure vir jonkbly is ‘n leuen en niemand gaan oudword vryspring nie.

Selfs ons brein probeer vir ons iets sê van hierdie lewe wat God vir ons droom. Vandag beweer navorsers dat die brein deurlopend nuwe neurologiese paaie maak. Op 55 en 60 word paaie gevorm wat nog nooit vantevore ontwikkel het nie. Die paaie bring insig, inkeer, terugkyk en wysheid.

Ek gesels Sondag om 10h00 by die Protea Hotel oor die gawe wat die Here vir ons gee om ouer te word. Ons gaan kyk hoe lyk iemand wat reg oud word en hoe berei jy daarvoor voor.

bottom of page