top of page

Waar Is My Lewe Heen?: Emigrasie


Baie van ons wat in die posisie is om te kan emigreer het dit tien teen een al oorweeg of beplan dit alreeds. Volgens statistiek is 14.2% van die eiendomme wat hierdie jaar verkoop is mense wat die land verlaat, teenoor die 10% van verlede jaar. Vir elke 1 professionele persoon wat Suid Afrika binnekom, verlaat 8 die land.

Wanneer mens na die misdaadsyfers, staatskaping, armoede, werkloosheid, dienslewering en die lys van uitdagings kyk, lyk 'n rasionele besluit om te emigreer dalk eenvoudig.

Maar om ‘n besluit met jou hart te neem omdat jy ook graag die wil van die Here vir jou lewe wil erken, is egter baie moeiliker.

Dan is dit nie meer vrees of gemak wat my diepste motivering is nie, maar dalk ook die teenwoordigheid van vrees en ongemak wat dalk óók deel is van die wil van die Here vir my lewe. Dink maar aan Jesus se lewe wat begin met die ontwrigting en ongemak van ‘n migrasie na Egipte. Sy lewensdoel het die vrees van ‘n bose regering en korrupte geestelike leiers ingesluit - wat gelei het tot sy dood.

Ons gesels Sondag om 10h00 in Stellenbosch by die Protea Hotel in Technopark oor hierdie belangrike besluit en hoe ons die wil van die Here daarin kan onderskei.

bottom of page