top of page

"Waar is God... as ons ewig jonk en doodbang is?"


Wat het geld met die dood te doen? Alles. Daarom begin die Prediker sy inleiding met geld as hy iets oor die dood wil sê. “A good reputation is better than a fat bank account. Your death date tells more than your birth date.” (Prediker 7:1 Msg)  

Geld het al die eienskappe van ‘n god en daarom beskryf Jesus geld in terme van persoonlikheid en gee dit ‘n naam: Mammon. Wat kan die god jou gee? Onsterflikheid, deur altyd in aanvraag te wees, genoeg sekuriteit te hê teen die aanslae van die lewe en om mag te hê en in beheer te wees. So ontwyk ek die dood.


Covid-19 het die geldgod se wind uitgeslaan. En vir ‘n oomblik is aanvaarding, sekuriteit en beheer oor die lewe in gedrang. Ons is nie die hero’s wat ons gedink het ons is nie. Ernest Becker se ongelooflike boek oor die dood, “Denial of Death” dra hy op aan sy ouers wat hom die grootste gawe van sy lewe gegee het: “Confusion about heroism”. Sy werk is gebasseer op die argetipe van die hero wat ons om die bos van die dood lei. Die sentrale booskap wat ons elke dag hoor en sien is dat jy ‘n hero moet word. Die hero is die een wat jou onsterflikheid kan gee. Extreme sport is seker die beste voorbeeld wat op hierdie beginsel dui: omdat dit iets baie gevaarliks is kom ek elke keer naby aan die dood, maar tree uit as die hero! Ek kan ook die hero wees oor my veroudering, deur altyd jonk te bly. Ek kan voorsiening maak vir moeilike tye soos die dwaas wat sy skure volmaak. Hy het net een ding vergeet.


Die doodsengel wat in pandemies ronddwaal.


Die 'reset' van Covid-19 maak elke hero nou ‘n zero, en dis ‘n goeie plek. “Salig is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is…”( Matt 5:3) 

Die vraag sal wees: Wat leer hierdie nuwe bewustheid jou? Die Prediker sal jou vra wat leer jy hieruit?


You learn more at a funeral than at a feast…” (Prov 7:2 Msg)


Ons gesels Sondag oor hoe ons nou uit die verganklikheid van ons lewe kan leer. Elke hero in die mitiese verhale en ook in die Bybel was reeds by die dooies. Hulle ken die dood, was reeds daar en hoef nie meer te vlug in die ewige jonkheid, sekuriteite of beheer van ons lewe nie.



Geskryf deur Theo Geyser

bottom of page