Ware en Vals Self: Moeg van my self(ie)

… so ek gaan by ‘n paar ander mense begin…
Naguib Mahfouz, die Egiptiese skrywer en Nobel-pryswennner, het gesê: Huis is nie die plek waar jy gebore is nie, maar waar al jou pogings om te ontsnap tot ‘n einde kom.
As the ruin falls
All this is flashy rhetoric about loving you.
I never had a selfless thought since I was born.
I am mercenary and self-seeking through and through:
I want God, you, all friends, merely to serve my turn.
Peace, re-assurance, pleasure, are the goals I seek,
I cannot crawl one inch outside my proper skin:
I talk of love – a scholar's parrot may talk Greek –
But, self-imprisoned, always end where I begin.
Only that now you have taught me (but how late) my lack.
I see the chasm. And everything you are was making
My heart into a bridge by which I might get back
From exile, and grow man. And now the bridge is breaking.
For this I bless you as the ruin falls. The pains
You give me are more precious than all other gains.
C.S. Lewis
Ons begin met ‘n nuwe reeks dagstukkies op ons app en tydens die dienste. Wanneer ons aan hierdie veertig dae van kontemplatiewe refleksie begin dink, het ons ’n reisgenoot nodig – iemand wat saam met ons in die stof en die broosheid van ons alledaagse bestaan kan loop. Ons het Albert Haase as gids gekies. As ’n Fransiskaanse priester en geestelike begeleier skryf hy nie vanaf ’n verhewe, koue akademiese platform nie. Hy leef te midde van die realiteit van ons menswees. Hy het die unieke, kosbare gawe om die antieke wysheid van die Bybel en die vroeë kerkvaders so te vertaal dat dit dadelik veilig en tuis voel in die lewe wat jy en ek vandag leef.
As jy al ’n rukkie saam met InVia reis, klink die woorde "ware self" en "vals self" dalk vir jou bekend. Soms is ons bang dat dit net moderne sielkunde in ’n spirituele baadjie is, maar dit is eintlik net nuwe woorde vir ’n baie ou, heilige waarheid. Die Skrif praat al eeue lank daarvan as die stryd tussen gees en vlees, of die "ou mens" en die "nuwe mens". Dit is die verskil tussen die lewe en die self wat ons so angstig probeer opbou, teenoor die ware self wat ons bloot in genade kan ontvang. Onder al hierdie frases lê dieselfde intieme, eksistensiële vraag: Wie is ek werklik? Nie my familienaam nie. Nie die suksesvolle rol wat my werk van my vereis nie. Nie die masker wat ek oor jare heen moes leer dra om myself teen pyn te beskerm en te oorleef nie.
"Augustine wrote: 'Late have I loved you, O Beauty, so ancient and so new, late have I loved you! And behold, you were within me and I was outside, and there I sought for you.' Augustine already had what he desperately wanted: the divine Presence in the present moment."
Albert Haase
Elkeen van ons loop met ’n skaduwee rond. ’n Skaduwee van iemand wat nie regtig bestaan nie: ons vals self. Dis die mens wat ek so graag wil wees, maar wat nooit werklik kan bestaan nie, omdat God daardie mens nie ken nie. My vals self is die weergawe van myself wat probeer leef buite die bereik van God se wil en God se liefde. Buite die werklikheid. Buite die lewe self. En so ’n lewe kan uiteindelik niks anders as ’n illusie wees nie. Die geheim van wie ek werklik is, lê diep verborge in die liefde en genade van God. Daarom sal ek myself nêrens anders kan vind as by Hom nie. En daarom is daar eintlik net een groot vraag waarvan my hele bestaan, my vrede en my geluk afhang: Hoe ontdek ek wie ek werklik is, terwyl ek ontdek wie God is? Want as ek God vind, sal ek myself vind. En as ek my ware self vind, sal ek God vind.
Merton het mense voortdurend aangemoedig: “Bid vir jou eie ontdekking.”
Ons leef in ’n tyd waarin ons onsself meer as ooit tevore kan wys, maar dalk al hoe moeiliker kan vind. Ons neem selfies. Ons bou profiele. Ons skep weergawes van onsself wat ons hoop ander mense sal raaksien, bewonder, aanvaar en liefhê. En iewers tussen al die foto's, filters, verwagtings en vertonings raak ons moeg.
Moeg om onsself te bewys. Moeg om onsself te verkoop. Moeg om onsself te verdedig. Moeg om onsself voortdurend te probeer verbeter.
Moeg van my self(ie).
Jou ego vreet baie meer energie as jou hande. Meeste van ons is nie lewensmoeg omdat ons te veel doen nie, maar omdat ons so hard werk om iemand te wees wat ons nie regtig is nie. Ek het iewers gehoor 90% van ons lewenskrag word opgeëis deur ons “apiebrein” – die een wat rondspring tussen die takke van gister en môre, tussen spyt en angs, tob oor die verlede en beplan vir die toekoms.
"Wie sy lewe wil red, sal dit verloor; maar wie sy lewe om My ontwil verloor, sal dit red. Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?"
Matt. 16:25-26
Wat as Jesus se uitnodiging om jouself te verloën nie beteken dat jy minder van jouself moet word nie, maar dat jy uiteindelik mag ophou om iemand anders te probeer wees? Wat as die evangelie nie vra dat jy jouself moet verloor nie, maar dat jy die self(ie) mag verloor wat jou verhinder om werklik te leef? Jesus sê wie sy lewe wil red, sal dit verloor. Die vals self se hele bestaan is daarop gerig om die lewe te red – te beskerm, te beveilig, te bewys.
Dis 'n uitputtende besigheid - die instandhouding van hierdie projek, proving en improving, op repeat. Want ek is nie 'n projek nie; ek is God se maaksel. My selfie het 'n raklewe. My Self het die ewige lewe.
The false self is obsessed with “me,” with what I have, what I do and what people think of me. We are born with something missing in our lives. Call it the hole in the heart. Our culture and up-bringing send us on a wild-goose chase for things we think will fill the hole. But these things are trifles and trinket and do not satisfy. Our stuffed lives are like the bloated stomachs of starving children. They betray our hunger, not our satisfaction.
Albert Haase
Die vals self wat Merton en Haase beskryf, is nie bloot die slegte of sondige dele van ons persoonlikheid nie. Dit is die hele identiteit wat ons probeer oprig en in stand hou, onafhanklik van God se liefde. Selfs ons godsdienstigheid, ons goeie werke en ons behoefte om 'n goeie mens te wees, kan deel van hierdie vals self word.
We are the hollow men
We are the stuffed men
Leaning together
Headpiece filled with straw. . . .
Those who have crossed
With direct eyes, to death’s other Kingdom
Remember us – if at all –
Not as lost violent souls, but only
As the hollow men
The stuffed men.
T.S. Eliot
Weer Matteus 11. Altyd Matteus 11: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is ...” Die rus wat Jesus aanbied, kan ook verstaan word as die rus daarvan om nie langer jou eie identiteit te hoef te verdien of te vervaardig nie.
Jesus het hierdie diep, menslike stryd so goed geken. Hy het geweet dat ons natuurlike aard – hierdie dryfkrag om gedurig ’n lewe uit eie krag te probeer bou – ons uiteindelik net bitter moeg sal maak. Maar in daardie einste moegheid lê ’n onverwagse geskenk weggesteek: dit is dikwels die plek waar ons God die ontmoet.
In each one of you there is a hidden being, still in the deep sleep of childhood. Bring it to life! In each one of you there is a call, a will, an impulse of nature, an impulse toward the future, the new, the higher. Let it mature, let it resound, nurture it! Your future is not this or that; it is not money or power, it is not wisdom or success at your trade – your future, your hard dangerous path is this: to mature and to find God in yourselves.
Hermann Hesse
Die vals self word gedefinieer deur drie dinge: wat ek het, wat ek doen, en wat mense van my dink. Elkeen van ons word tot ‘n mindere of meerdere mate gebind deur hierdie “versoekings” – in wese dieselfde versoekings waarmee die duiwel Jesus probeer moeg maak het in die woestyn. Jesus het egter geweet: "Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word. Maar wie van die water drink wat Ek hom gee, sal in alle ewigheid nooit dors word nie."
Joh. 4:13-14
Die uitnodiging is om dit te herken en te erken, nie om dit weg te jaag nie.
My vuil, my stank wil ek uit my hê.
Jaag dit nie weg nie: weg kom terug –
Neem dit in U op, Grond van my wese;
verwerk dit, versoet dit tot kraakvars lewe.
Aarde waarin alles wat boos is vergaan,
verpulwer my fyn, verander my grondig
tot stof waaruit ek opnuut kan kiem,
kan verrys met my beste in my behou,
eindelik myself, myself in U!
Sheila Cussons
"Instead of treating your sinfulness and its guilt as a dead-end street, approach them as teachers who are instructing you about yourself. If you give them the attention they deserve, they will point you in the direction that leads into the light."
Albert Haase
Desert Prayer
I am not asking you
to take this wilderness from me,
to remove this place of starkness
where I come to know
the wildness within me,
where I learn to call the names
of the ravenous beasts
that pace inside me,
to finger the brambles
that snake through my veins,
to taste the thirst
that tugs at my tongue.
But send me
tough angels,
sweet wine,
strong bread:
just enough.
Jan Richardson
Steeds Matteus: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Ons soek God so dikwels in ons strawwe aktiwiteite, in die dinge wat ons dink ons nóg moet doen of bereik om te bewys dat ons saak maak. Maar God laat Homself juis vind in die rus, in die oomblik wanneer ons arms moeg geveg is en ons ophou probeer. Dit is presies uit hierdie stil, rustige plek – waar die maskers van die vals self wegglip – wat die ware self uiteindelik begin praat. Dit is die stem wat weet: Ek is reeds veilig. Ek is reeds tuis.
Die vals self floreer op die idee dat ons ver van God verwyderd is, sodat dit hard kan werk om die pad na God toe te bou. Augustinus het ontdek dat dit waarna hy gesoek het, reeds binne hom is. Wat soek ek desperaat “daar buite” wat moontlik reeds in God aan my gegee is? In my pa se woorde: “Wat kan jy alles wees voor jy ophou om iets te probeer wees?”
My vals self – wat my tuiste verlaat het, die “exile” waarvan C.S. Lewis praat – hardloop na die 10 P's, probeer sy dors les met dinge wat nie kan voed nie:
"In purgation we see just how committed we have been to the pursuit of pleasure, praise, power, prestige, position, popularity, people, productivity, possessions and perfection. These crosses are meant to be embraced, not rejected. Surrendering to them shapes us more and more into little Christs."
Albert Haase
Watter “Golgota” ervaar jy tans in jou lewe? Watter herhalende sonde of destruktiewe gedragspatrone probeer jou iets leer oor jouself? Petrus verbind lyding direk aan gemeenskap met Christus. Het jy al 'n oomblik beleef waar pyn jou nader aan, eerder as verder van Christus gebring? Van die tien dinge wat Haase noem – plesier, lof, mag, prestige, posisie, gewildheid, mense, produktiwiteit, besittings en perfeksie – watter een word tans in jou lewe deur die vuur van beproewing blootgelê?
Dryf jou pyn jou in die skaduwees in (skaamte), of breek dit jou hart oop dat die lig daarin kan skyn (genade)? Die ander moontlikheid is natuurlik dat ons dit nie eers sien as pyn of “foute” nie, omdat ons samelewing en kultuur dit “geheilig” het, soos D.H. Lawrence dit hier beskryf. Dis die wins van “harde werk”… as jy ‘n meganisme was, ja.
I am not a mechanism, an assembly of various sections.
And it is not because the mechanism is working wrongly,
that I am ill.I am ill because of the wounds to the soul,
to the deep emotional selfand the wounds to the soul take a long, long time,
only time can helpand patience, and a certain difficult repentancelong, difficult repentance, realization of life’s mistake,
and the freeing oneselffrom the endless repetition of the mistake
which mankind at large has chosen to sanctify.
"Maar die dinge wat vir my wins was, het ek om Christus wil as verlies beskou."
Fil. 3:7
Paulus het sy mees gekoesterde besittings – sy reputasie, sy godsdiens, sy prestasies – as verlies beskou om Christus te wen .... or eerder: te ken. Of veel eerder (in sy eie woorde): deur Christus geken te word. Aan watter “wins” in jou lewe hou jy nog so vas dat dit moontlik jou innerlike vryheid belemmer?
My ware self geniet nie aansien nie. My ware self geniet sien en gesien word. Mag ek so moeg raak van my selfie – van aansien geniet vir iemand wat ek nie werklik is nie, wat God eintlik nie ken nie – dat ek dit sagkens sal ontmasker om werklik deur God en mense gesien te word … “eindelik myself, myself in U!”
- Frieda van den Heever




