top of page

"Waar is God... as Hy Homself wegsteek?"



Die lewe gaan jou voorstel aan misterie. Elke mens moet ook in Getsemane kniel. Dit is waar die lewe en jou lewe soms ontspoor en dinge nie uitwerk soos wat jy dit wou gehad het nie. Dit is die tyd wat jy Jesaja se woorde beter sal verstaan: “Truly you are a God who hides himself…” (Jes 45:15)


Dit beteken nie dat ons God nie kan kry nie, want Jesus het tog immers gesê: “Soek en jy sal vind.” Ons weet tog dat God orals en alomteenwooordig is, maar soms sê ons realiteite iets anders.  Dan word jy uitgenooi na die groot God van Jesaja wat verskuil lê agter jou realiteite. En agter daardie ontmoeting sal jy uitgenooi word na ‘n groter God wat oneindig, ondenkbaar en onuitspreeklik vir jou sal word. Of, anders gestel, daardie ontdekking gaan jou weer lei na ‘n nuwe ‘wegsteek’ van God.


Daarom noem Paulus vir Jesus 'die misterie van God' (Kol 2:2).


Die voorvoegsel in die woord misterie is soms gebruik om die woord te verduidelik. Die woord ‘muscle’ kom van die woord ‘mus’ in Latyn. ‘n Spier word bedek met ‘n vel, en die twee is nie dieselfde nie. Inteendeel, jy kan lelik bedrieg word deur iemand net te takseer op sy vel. ‘n Maer, klein bleek mannetjie kan die wêreldrekordhouer in die 800m wees! 


Die krag is in die spier en nie die vel nie.


Reeds in 1215 is hierdie onderskeid deur die kerk gemaak. Ons dogma (praat oor God alias ons vel!) is altyd onakkuraat en ons praat oor God (die Spier) gaan meer oor hoe anders Hy is, en nie hoe God soos ons is nie! Die rigting van die gesprek dui altyd op die spier.  Teologie is met ander woorde wie die minste verkeerd kan praat oor God! Ons het egter die “Spier” verwyder, en dit is presies wat Nietzche bedoel het dat God dood of weg is. Vir baie ander teoloë is dit die stadige dood wat die kerk beleef. Ons het die misterie uit God geskeur. Luister Annie Dillard se belewenis waarmee baie van ons sal kan identifiseer:


The higher Christian churches – where, if anywhere, I belong – come at God with an unwarranted air of professionalism, with authority and pomp, as if they knew what they were doing, as though people in themselves were an appropriate set of creatures to have dealings with God. I often think of the set pieces of liturgy as certain words which people have successfully addressed to God without their getting killed. In the high churches they saunter through liturgy like Mohawks along a strand of scaffolding who have long since forgotten their danger. If God were to blast such a service to bits, the congregation would be, I believe, genuinely shocked. But in the low churches you expect it at any minute. This is the beginning of wisdom.”


Covid19 het die kerk letterlik in stukkies opgeblaas. Is God ook weggeskiet? Of, is hy net weggesteek en wag met ‘n liefdevolle omhelsing vir die wat daarheen loop? Ons gesels Sondag oor hoe ons in die misterie van God kan inloop. Lees gerus John De Gruchy se boek “Led into Mystery”, een van die beste werke oor die onderwerp. Ons gaan Sondag ook saam nagmaal hou, kry 'n broodjie en glasie wyn (of sap) gereed vir jou en jou geliefdes!



Ons kuier dan!



Geskryf deur Theo Geyser

bottom of page