top of page

toe die wêreld stil gaan staan


Daar is iets wat jou moet opval wanneer die Kersverhaal gelees word. Daar is telkemale ‘n verwysing na tyd en spraak. Heelwat kere lees ons van tydsuitdrukkings soos “in daardie tyd”, “terwyl”, “toe”, “nadat”, “vandag” e.a. en soveel as elf keer lees ons woorde soos “sê”, “vertel”, “loof en prys” in Lukas 2. Iets tasbaars gebeur wat tyd laat stilstaan en ewig maak. Daardie oomblik vra vir spesiale woorde.

Dan staan die hele wêreld stil.

Kersfees kom nie net met singende engele nie, maar ook met vreemde magiërs, ‘n wreede keiser Augustus en waansinnige Herodus wat jou wêreld omkrap. Ons gesels Sondag oor hoe God ons tyd en taal in sulke moeilike tye kan herskryf.


Geskryf deur Theo Geyser

bottom of page