top of page

Skilpad-geloof


Dit was Dietrich Bonhoeffer wat gesê het: ‘God se genade is verniet, maar dit is nie goedkoop nie...’ Daarmee spreek hy een van die groot probleme aan in ons samelewing. Om genade te verwag sonder oorgawe en ‘n liefdevolle verhouding met God. Ons word in die Bybel medewerkers van God genoem (1 Kor 3:9). Die een vertaling sê dat ons God se bouwerk is. God bou, en ons moet die materiaal van ons lewe vir Hom gee. Ons kyk Sondag sommer na die geskiedenis wat ons kan help om die spanning tussen dit wat ons móét doen en wat God kán doen, beter te verstaan.


Dallas Willard verwoord dit so: "That grace is, of course, “unmerited favour” (sic). But the form it takes is the action of God in our lives and with our actions. If we wish to know more of this and see the deliverance it works in and around us, we must do the things that will bring it to pass. These things are spiritual disciplines or the disciplines for the spiritual life.”


Die beste wat ek in 2021 vir God kan gee is nie my nuwe beloftes, goeie gedrag of regte geloofsverstaan nie, maar eerder die regte boumateriaal dat sy bouwerk in my voltooi kan word. Dit vra vir twee goed: Nuwe tyd en nuwe gewoontes (wat veronderstel ek laat die oues gaan!). Een van my proffies in Nederland, Kees Waaijman, beskryf geloofsgewoontes as volg: “Spirituality is about the God’s transformational relationship with humanity that unfolds during a long spiritual journey.”

Die katedrale se prag sal ons herinner dat dit tyd vat, en vasbeslote vertroue dat God dit ook klaarmaak wat Hy begin het!


Geskryf deur Theo Geyser.

bottom of page