top of page

Psalm 23: Hy Verkwik My Siel


Die lewe is hard. Hy brei of verniel die siel. Ps 23 is die verhaal van beide. Dawid is gesalf as koning maar kruip weg soos ‘n klein seuntjie in ‘n grot waar hy Psalms skryf oor sy verlatenheid. Maar dan skryf hy ook Ps 23, waar hy innerlike krag ontdek en die koning binne hom opstaan.

Die Here red sy siel en hy stel jou voor aan ‘n wêreld van oorvloed waar God die laaste sê het oor jou lewe en nie jou uiterlike omstandighede nie.

Hoe gebeur dit? Deur sielsvernuwing.

Wanneer ons diepste bestaan en menswees deur God aangeraak word, verander ‘n donker grot in 'n groen weiveld, troebel water word stil en die beker van jou lewe loop oor.

Ons gesels Sondag by Stellenbosch om 10h00 by die Protea Hotel oor die restourasie van die siel. Dit is ‘n gawe wat God aan elke mens wil gee wat sy siel verloor het. Jesus het gedink dat daar geen losprys op die siel kan wees nie, dis te waardevol en daarom moet ons dit oppas en beskerm met ons hele lewe.

“Wat sal die mens nie as losprys vir sy siel gee nie? “ Matt 16:25-26.

bottom of page