top of page

Psalm 23: Die Here Is My Herder


Die woorde “Die Here is my Herder” is een van die bekendste en mees geliefste sinne in die Bybel. Dit is ook die woorde wat seker die meeste op grafstene verskyn, maar die realiteit van hierdie stelling word nie so maklik in ons lewens ingegrafeer nie.

Dit voel egter nie altyd of die Here ons Herder is nie.

David weet wat om te doen wanneer jy so voel. Hy stel jou voor aan ‘n lewe waar jy vergenoegd kan wees, en waar die Here meer as genoeg is vir wat jy nodig het. David skryf hierdie psalm terwyl hy wegkruip in 'n grot waar Saul se manskappe hom omring en hy die dood vierkantig in die oë kyk.

Dan, om een of ander rede bars hy uit in ‘n lied en begin Psalm 23 te sing.

Hoe is dit moontlik dat hy dit kan doen? Hy het immers ook Ps 22 “My God, my God waarom het U my verlaat?” in dieselfde grot geskryf!

Ons omstandighede hoef nie te verander nie, maar ons kan wel verander.


Ons gaan die volgende paar weke gesels oor Ps 23 en begin Sondag met die woorde: “Die Here is my Herder” en gaan kyk na hoe die Here jou Herder kan wees. Ons kuier om 10h00 saam by die Protea Hotel in Technopark. Om 17:00 sal Lina Du Plessis oor dieselfde onderwerp by InVia Kaapstad gesels.

bottom of page