top of page

my hande is vas maar my hart is oop...


Geskryf deur Theo en Wilma Geyser My hande is vas maar my hart is oop… “Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees…” Kol 2:5 Op 11 Maart 2020 verklaar die WGO die koronavirus as ‘n globale pandemie. Pandemies dwing die wêreld tot stilstand en isolasie. Dit bied ons ‘n geleentheid om te leer hoe om regtig teenwoordig te wees, nie net fisies nie, maar ook met my gees of hart, my hele wese. Hoe dikwels word ons die slagoffers van ‘n fisiese teenwoordigheid sonder ‘n geestelike teenwoordigheid? Lees hierdie gedig van Lynn Ungar ‘n paar keer deur.


Pandemic What if you thought of it as the Jews consider the Sabbath — the most sacred of times? Cease from travel. Cease from buying and selling. Give up, just for now, on trying to make the world different than it is. Sing. Pray. Touch only those to whom you commit your life. Center down. And when your body has become still, reach out with your heart. Know that we are connected in ways that are terrifying and beautiful. (You could hardly deny it now.) Know that our lives are in one another’s hands. (Surely, that has come clear.) Do not reach out your hands. Reach out your heart. Reach out your words. Reach out all the tendrils of compassion that move, invisibly, where we cannot touch. Promise this world your love — for better or for worse, in sickness and in health, so long as we all shall live. Lynn Ungar

Geloofsgewoonte vir die dag: Elke dag gaan ons om 12 uur ‘n geloofsgewoonte (saam) doen. Stel gerus jou alarm vir 12uur met die wete dat ons almal dan op hierdie manier ook verbind is aan mekaar deur dieselfde oefening te doen. Andersins kan jy dit ook enige tyd van die dag doen.

Stap uit jou blyplek en gaan staan iewers waar jy die son kan sien. Ons in die suidelike halfrond sal met ons gesig na die Noorde toe kyk. Maak toe jou oë en voel die son se warm strale op jou. Raak bewus daarvan dat dit een son is wat nou op ons almal skyn – die lande in die Noorde, ons familie wat ver is. Al is ons apart, is ons nogsteeds almal verbind aan mekaar.

Ons hande is nou letterlik afgekap. Hoe kan jy uitreik met jou hart? Hoe jy ookal dink en voel om uit te reik met jou hart – doen dit nou…

Vir gesinne: Spandeer saam tyd buitekant. Staan of sit iewers waar julle die son kan sien. Kyk na son. Ons in die suidelike halfrond sal met ons gesig na die Noorde toe kyk. Maak toe jou oë en voel die son se warm strale op jou.

Moontlike vrae wat julle kan vra:

  • Wat is die eienskappe van die son?

  • Hoe dink julle is God se liefde baie soos die son? (Gee lewe, ons kan nie sonder dit lewe, skyn op almal…)

  • Skyn die son altyd? (Nee, soms is dit bewolk).

  • Maar beteken dit dat die son verdwyn het? (Al kan ons dit nie altyd sien nie, beteken dit nie dis nie daar nie. Alhoewel die son nie fisies by ons is nie, ervaar ons nog die eienskappe van die son soos warmte, energie, lig, ens.

  • Wat dink julle vertel dit vir ons van God se liefde? Veral in hierdie moeilike tyd van isolasie?


Alhoewel ons nie nou fisies by ons maats en familie kan wees nie, kan ons wel by hulle wees deur aan hulle te dink.

Laat elkeen dink aan iemand en stuur jou gedagtes en gebede aan hulle. Soos bv : “Ek dink aan ouma, ek stuur vir hulle liefde, en ‘n bossie blomme.” “Ek dink aan my maatjie, dat hy/sy ook kan weet ek is nou ook met hulle.” “Maak ook mense in ander lande warm wat nou baie siek is en besig is om dood te gaan.”

Herhaalgebed: Here, dankie dat ek met my hart by U en ander kan wees.

bottom of page