top of page

Meer As Genoeg: Genoeg Is Genoeg


Wanneer is genoeg, genoeg? Een van die rykste mense in die wêreld het eendag hierdie vraag so geantwoord: “Net ‘n bietjie meer…”


Hierdie rusteloosheid is deel van ons geskapenheid. Die ou kerkvader, Augustinus, het gesê: “God het ons vir Homself gemaak, en ons hart bly onrustig tot dit rus vind in U.” Ongelukkig word die onrustigheid gekaap deur ‘n obsessiewe kultuur wat jou herinner dat jy net-‘n-bietjie-meer nodig het. Advertensies skep ‘n rusteloosheid en onvergenoegdheid wat slegs in een of ander utopiese ervaring vervul kan word. Ons verkoop met ander woorde ervaringe. Hoe meer ervaringe, hoe gelukkiger. Op sosiale media kan ons selfs hierdie ervaringe groter en beter laat lyk. Waar ons ookal kyk, word jy herinner dat jy iets mis en nie het nie.


Hierdie net-‘n-bietjie-meer is deel van ‘n geloof wat ons oor God en onsself het. 'n Geloof dat ek vir myself moet sorg en ook dat God my in die steek gaan laat. Dit is ook vals omdat ek glo dat die vervulling van my behoeftes ekstern of buite myself is. Paulus sê dat ons eerstens hierdie lewe van vergenoegdheid moet aanleer (Fil 4:11). Dit is nie ‘n gawe wat ek eweskielik ontvang nie. Die is eerder ‘n nuwe manier van leef wat ek in God kry. Deur intensionaliteit, refleksie en oefening kan my eie leegheid my lei na God se volheid.


Paulus skryf Filipense 4 uit die tronk en moedig ander aan om bly te word en tevrede te wees met die lewe wat God vir jou kan gee! Wat ‘n lewe!

bottom of page