top of page

Meer As Genoeg: Eenvoud


Jesus het geleer dat min baie is. In die klein, ongewone en soms vergete, lê die skatte van ons lewe opgesluit. God ontmoet ons in ons lewe, met alles wat ons het, wat ons sien en waarmee ons ons elke oomblik besig hou. Ek dink dit was Ruskin wat gesê het: ‘There is no wealth but life.’ 

Dit is soms so klein soos ‘n mosterdsaad of ‘n stukkie suurdeeg wat jy nie eers kan sien nie. Deur dit raak te sien en ook te koester, word ons lewe groot in God. Een van die groot versoekings van die lewe is om ons lewe klein te hou deur opgeneem te word deur goed, geld en so besig te wees dat ons God nie in die eenvoud van die lewe raaksien nie. Paulus het dieselfde vrees: “But I fear, lest by any means, as the serpent beguiled Eve through his subtilty, so your minds should be corrupted from the simplicity that is in Christ.” 2 Corinthians 11:2-3. Eva het geglo dat alles wat sy het is nie genoeg nie, en sy kies die verbode dinge van die lewe. Indien ons mooi na God luister sal ons ook hoor dat daar ‘n “Verbode” etiket op baie goed van die lewe staan.


Ons gesels Sondag om 10h00 by die Protea Hotel oor ‘n lewe van eenvoud. Ons gaan worstel met die volgende vrae: Hoe moet ons koop? Waarom kompliseer ons die lewe? (“God made man simple; man’s complex problems are of his own devising” Ecc 7:30) Spaar ons regtig tyd met al ons gadgets? Waarom moet ons plekke en dinge besit? Hoe lewe ons vry van goed en vas aan God?


Ons begin ook Sondag met ‘n 7-dae-van-gee. Ons wil jou uitnooi om iets elke dag vir 7 dae weg te gee wat waardevol is, en dit binne verhouding te doen. Daar sal ook elke dag gebede wees oor gee wat jy kan bid en memoriseer. Die doel van gee is nie om meer te kry nie, maar eerder om ons lewe te vereenvoudig en meer soos Jesus te word.

"Live simply so that others may simply live.”

Gandhi.

bottom of page