top of page

Liefde Wen: Wees Lief Vir Jouself



Hoe is dit moontlik om jouself te verloën maar ook lief te hê? Klink hierdie belangrike boodskap van Jesus nie soos ‘n weerspreking nie? Beteken dit dat selfloosheid dan selfliefde is?


Nee, dit beteken bloot om te lewe uit wie God jou gemaak het (ware self), en die beeld wat jy van jouself het (vals self) te laat gaan. Die manier van laat gaan is die voorbeeld aan die kruis. Iets binne my en jou moet doodgaan. “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg“ (Lukas 9:23). Dit is nie ‘n eenmalige, meganiese resep of transaksie wat die hemel vir my waarborg soos wat baie Evangeliese kerke dit verkondig nie. Dit is moeiliker om te leer hoe om by Jesus te wees, en ek dink dit is baie makliker om my bewustheid te laat absorbeer in die beeld van myself wat ek probeer instand hou. Die selfabsorbsie het die kerkvaders hoogmoed genoem, een van die doodsondes.

Iemand het dit ook die god-kompleks genoem. Dit is waar selfliefde verwar word met selfsugtigheid. En soms is hulle voëls van eenderse vere. Dit is bloot selfsabotasie waar ek my stem en stempel op alles moet kry. Selfsug is subtiel, gekamoefleer en Jesus wys ook sy godsdienstige kant uit.


Ons gesels Sondag om 10:00 by die Protea Hotel oor hoe liefde die grootste triomf en oorwinning kan word wanneer ons die gawe van die liefde wat reeds binne ons is, kan leef.


bottom of page