top of page

Lent: Versoekings In Die Wildernis


Versoekings het ’n negatiewe konnotasie binne ons moderne verstaan van Christenskap bloot omdat die Christelike lewe sinoniem geword het met wettisisme, wilskrag, harder probeer, en om heiliger te leef as ander.

Matteus kyk anders daarna.

God lei ons na versoekings toe omdat dit die plek is waar hy ons wil ontmoet. Die wildernis het ‘n wonderlike gawe en daarom wag God vir ons daar. “Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.” Matt 4:1.

Daar kan ons ons lewe sien soos wat dit werklik is.

Dit is soos ‘n boer wat na sy wingerd moet omsien. Die boer kan nie sy wingerd self laat groei nie. Hy kan alleen die regte omgewing skep waarbinne die wingerd kan groei en hiervoor moet hy binne die wingerd wees om dit te kan diagnoseer. Deur die behoorlike identifisering van sekere negatiewe elemente soos byvoorbeeld virusse of swamme word die wingerd beskerm om vrug te kan dra.

Ons word uitgenooi om binne die wingerd van ons eie lewe te staan. Die wildernis (stilte) help ons om die virusse en swamme of misplaaste begeertes binne ons waar te neem. ‘n Oppervlakkige godsdienstige diagnose gaan nie help nie, die duiwel versoek Jesus reeds met die Bybel.

Wil jy nie hierdie Lent wildernis toe gaan nie?


Dit is die plek waar die lote weer die Wynstok se lewe kan voel.

bottom of page