top of page

Hoe Maak Ek Goeie Besluite In 2020?


Hoe ouer ek word hoe moeiliker glo ek in nuwejaarsvoornemens. Nie omdat dit nie mooi of belangrik is nie, maar net omdat so baie voornemens soos mis voor die son verdwyn soos wat die jaar aanbeweeg.


Doelwitte en drome is baie belangrik, maar nog meer belangrik is die plek waar hulle gebore word. Iets moet voor die voor-neme gebeur!


Drome moet kom uit ‘n hartskamer wat deur God beweeg word en nie deur die sentimentele oujaars-opswepery of die goeie-wens-groepsdruk wat tog so maklik oor ons lippe vloei nie.

Dit is ‘n reuse bevryding om te weet dat God my toekoms reeds beplan het en daaroor gedink het (Jer 29:11). Selfs ons skeefloop en mistrap verander niks aan God se planne nie, inteendeel, dit word deel daarvan.


Ons gesels Sondag oor Paulus wat soms weerbastig sy eie planne maak, ‘n harde kop en gesoute impulsiewe wil het, en soms deur die Heilige Gees verhinder moet word omdat hy sy eie voornemens soms met God se wil verwar.


Ons gaan kyk hoe Paulus harde lesse moes leer om binne die sagte voorsiening van God te guns te leef.


Ons begin Sondag weer om 10:00 by Protea Hotel – sien uit om almal weer te sien!

bottom of page