top of page

Geringe Helde: St. Ignatius Van Loyola - Innerlike Bewegings


Johan Geyser kuier Sondag by InVia en gesels oor die reuse bydrae wat Ignatius van Loyola tot geestelike vernuwing binne en buite die kerk gemaak het. Hy is bekend as die stigter van die Orde van die Jesuïete (Society of Jesus). Die nuwe Pous is ook 'n Jesuïet. As jongman volg hy ’n militêre loopbaan totdat ’n deel van sy regterbeen in ’n geveg deur ’n kanonkoeël vergruis word. Terwyl hy aansterk lees hy lewensverhale van heiliges en word veral geïnspireer deur Ludolf van Sakse se Lewe van Christus. Hierdie ervaring lei tot ‘n radikale bekering. Hy trek toe na ’n klooster, word ‘n bedelaar om sy afhanklikheid van God en mense te toon, en skryf sy groot werk, Geestelike Oefeninge. Hy studeer aan belangrike universiteite, en leef slegs van aalmoese.

Die eerste volgelinge van Ignatius van Loyola het die probleem ontwikkel dat hulle nie dikwels deur die dag tyd gekry het om te bid nie. Ignatius van Loyola het toe ‘n praktyk aanbeveel wat hy The Daily Examen (Loer gerus op die web na die geloofsgewoonte) het. Die gebed het gedien as ‘n basis om te verstaan hoe die Heilige Gees jou uitnooi en lei in ons besige lewens.

Johan gesels Sondag oor die Geestelike Oefeninge en hoe ons die wil van die Here in die alledaagse lewe kan onderskei.

bottom of page