top of page

Geringe Helde: Jesus Christus - Wie sê julle is Ek?


Baie mense wil Jesus volg maar nie noodwendig Christene wees nie. Die rede hiervoor: Mense is keelvol vir godsdienstigheid, beterweterigheid, ideologiese bekerings en oorloë tussen kerke.


Jesus was nie welkom binne godsdienskringe nie, en ons moet erken dat Hy dalk vandag nog daar ontuis sou wees. Is dit nie ironies nie dat godsdiens die vermoë het om godsdiens aan te val...?


Al die geringe helde waaroor ons gesels het, het een ding in gemeen: Jesus. Hulle verstaan van hulle lewe is ten diepste beïnvloed deur die woorde en lewe van Jesus. Hulle sou Jesus ook anders verstaan het as hulle tydgenote.  Hulle volg van Jesus was ‘n uitvloeisel van hulle liefde vir Hom en nie soseer die regte verstaan of teologie oor Jesus nie.


Deur die eeue verstaan mense die boodskap van Jesus verskillend. Die rede hiervoor is omdat ons Jesus dikwels sien soos wat ons is, en nie noodwendig wie Hy werklik is nie. Daarom vra Jesus hierdie belangrike vraag: “Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?” (Matt. 16:15)


Ons gesels Sondag oor waardevolle bydrae wat mense binne die kontemplatiewe tradisies gemaak het om Jesus beter te volg. Theo gesels 10h00 by die Protea hotel en Pierre die aand om 17h00 in Rondebosch.

bottom of page