top of page

Die Vier Evangelies: Lukas


Lukas skryf die langste evangelie in die Bybel. Saam met die boek Handelinge skryf hy ‘n kwart van die Nuwe Testament! Hy is ‘n belangrike stem. Hy staan buite die Joodse tradisie, het Jesus nooit persoonlik geken nie, en as mediese dokter en taalpuris werk hy kronologies met historiese akkuraatheid.


Hy bou temas in die evangelie sodat hy dit later in die boek Handelinge prakties kan illustreer. Een van groot temas is redding, ‘n term wat vandag net so misverstaan word as in Jesus se tyd. Hy neem die woord wat vir redding gebruik word, 7 keer oor by Markus maar dan wys hy op 10 ander plekke wat redding is wat slegs in die Lukas evangelie voorkom.


Ons gesels Sondag om 10h00 by die Protea Hotel oor die evangelie van Lukas waar ons gaan kyk na wat Lukas bedoel het wanneer hy sê: ”Ek het gekom om te soek en te red wat verlore is…” Luk 19:10

bottom of page