top of page

Toorwoorde: Jammer!



Het jy al ooit jammer gesê vir ‘n lewelose voorwerp wanneer jy daarin vasloop of dit dalk omstamp? Het jy al jammer gesê as iemand iets op jou mors?

As jy het, mag jy dalk net ‘n Suid-Afrikaner wees.

Ons sê nogals baie jammer. Ons sê jammer oor alles - selfs al is ons nie.

“Ek is jammer, kan ek asb ‘n flat white kry?”

“Ek is jammer, kan ek nog suiker kry?”

“Ek’s jammer, maar ek is allergies vir tamaties.”

“Ek’s jammer, kan julle die musiek sagter sit?”

Tog is daar baie toegesluit in hierdie toorwoord ‘jammer’. Ons samelewing is morsig, ons is maar mense wat almal foute maak. Dit is nodig om opreg jammer te kan sê en te kan hoor sodat ons kan vorentoe beweeg.

Hoekom is dit dan so moelik om verby ons ego’s te kom? Ons ego’s hou nou maar net nie van verloor nie. Keer op keer wanneer ek in die middel van ‘n argument agterkom ek is verkeerd, sal ek eerder aanhou baklei - en ek kan goed baklei - totdat ek ‘reg’ is. Ek sal eerder deurdruk as om te erken ek is verkeerd en jammer te sê.

“The ego hates losing, even to God.”

Richard Rohr

Kom gesels saam Sondagoggend by die Protea Hotel in Stellenbosch om 10:00, en die aand by die Old Biscuit Mill in Woodstock om 18:30. Die aand se preek sal in engels wees, so nooi asb jou engels sprekende vriende.

bottom of page