top of page

Advent: Skoonheid


St. Maximus het gesê dat die kontemplatiewe die verskuilde skoonheid in ‘n gewone bos kan sien. Die vuur van Goddelike liefde en die skitterende glans van sy skoonheid raaksien in elke ding op aarde.


Kersfees nooi ons na meer as net ‘n toeskryf tot seker historiese feite en dogma, dit nooi ons uit om in verwondering te staan oor wat God gedoen het en steeds doen, dat Hy tussen ons kom woon het. Skoonheid verskuil in die gewone, in die stal, as ‘n baba seuntjie van doodgewone mense.


Die teoloog Hans Urs Von Balthasar skryf dat skoonheid ons ontstig, dat dit ons uitvang en ons kan nie wegkyk nie. Skoonheid weier om geïgnoreer te word. Skoonheid dwing ons om dit hanteer, om te reageer. In teenstelling met geweld, wat ons ook ontstig en uitlok, daag skoonheid dit in ons uit wat gemeen, lelik, en gewelddadig is.


In skoonheid is daar altyd ‘n uitnodiging.


Skoonheid nooi ons na verwondering, ons wonder hoe dit moontlik kan wees dat so ‘n ding kan bestaan. Daar is ‘n soeke na die oorsprong van hierdie mooi. Om iets mooi te aanskou is om vir ‘n oomblik weg te draai van onsself af en te begin soek vir die bron daarvan, al is die soeke in die half gevormde, die donkerte, en die misterieuse.


Die bron van skoonheid is natuurlik God self, daarom is die kontemplasie van skoonheid ‘n soeke na en verkenning van God self.


Sondag sluit ons die jaar af met ‘n soeke na skoonheid, kom kuier gerus saam by 2 Derry rd in Ronderbosch, by die NGK Rondebosch se gebou, om 17:30. Daar is nie hierdie Sondag kinderaktiwiteite tydens die diens nie.

bottom of page