top of page

Op Pad: Met Ander



Hand 9, 22 en 26. Dit is moeilik om binne ‘n diep, oop en eerlike verhouding met ander te leef. Dit neem tyd, vra kwesbaarheid en ‘n andersoortige liefde wat nie net voorwaardelik omgee nie. Wanneer ons die ander nie ken nie, is dit natuurlik om hulle eerder uit te sluit en selfs teenoor hulle vyandig te word, soos in die geval van Paulus. Een van Paulus se groot ontdekkings was dat hy nie ander mense vervolg nie, maar Jesus. Bloot omdat Jesus een is met die mense wat Hom volg. Dit is nie perfekte mense nie, nog minder mense wat presies dieselfde glo, maar mense wat op dieselfde pad van eerlikheid en omgee is. Ons gesels Sondag oor wat dit beteken om kerk te wees. Die woord kerk beteken sirkel. Martin Luther het die woord kerk ‘kirche’ beveg omdat sy verstaan van die kerk eerder liniêr en outoritêr was. Simbolies dui dit op heelheid, waar ons mekaar in die oë kan kyk en die plek waar ons gesond word. Hierdie mense gee Paulus die gawe om na jare sy roeping ten volle uit te leef. Ware gemeenskap beteken dat ander jou in liefdevolle verhoudings kan help om jou ware self of geskapenheid in God ontdek. Kom ons trek sirkels!

 

Wil jy weekliks ons nuusbrief ontvang? Teken hier in

 

bottom of page