top of page

"Advent(ure)": Josef



Matt 1:18-25

Josef is ‘n randfiguur in die Kersverhaal en daarom kan ons maklik ‘oor’ hom lees. Hy voldoen ook nie aan die moderne definisie van ware manlikheid nie, waar mans geobjektiveer word tot die grootte van hulle salaris, portefeuljes, akademiese kwalifikasies, super liggame en nog meer…

Josef se lewe word die grootste avontuur, nie omdat hy aan ons definisies van ware manlikheid voldoen nie, maar omdat hy weet hoe om God in moeilike tye te volg.

Hy het inbors en integriteit. Hy verneder die godsdienstige en kulturele bestel van sy tyd wat gereken het dat ‘n vrou doodgemaak kan word wanneer sy owerspel gepleeg het. Alhoewel hy onseker is en hom voorneem om haar te los, beskerm hy haar integriteit deur dit nie te openbaar nie.

Hy weet hoe om God in onsekerheid te soek en drome ernstig op te neem.

Hy kies ‘n roeping bo sy werk, en verlaat sy mense en ook sy familiebesigheid. Hy beskerm sy seun, gee goedkeuring aan hom en noem hom op sy naam. Hy leer hom ook ‘n ambag.

Hy is eers pa en dan besigheidsman.

Hy verwag ook nie dat Maria haar lewe om hom en sy drome bou nie, maar hy bou sy lewe om haar roeping.

Josef leer ons dat ware regverdigheid beteken om jou godsdienstige en kulturele agenda’s te laat gaan, en God se plan met die wêreld mee te maak!

 

Wil jy weekliks ons nuusbrief ontvang? Teken hier in

 

bottom of page