top of page

Vreemde Geluk Deur Gee



Ons is geleer om te baklei vir wat jy wil hê en dan vir lewe of dood daaraan vas te klou, maar tog, die Koningkryk van die Hemel werk dalk so bietjie anders. ‘n Plek waar niemand iets besit nie, maar niemand iets kortkom nie. ‘n Plek waar almal in ‘n sirkel staan en aangee dit wat in hulle hande is.

Wat het perfeksie nodig, wat het God nodig? Of soos ons al baie gesê het, God het nie ego behoeftes dat mense hom moet lofsange gee nie, God kom ook niks kort nie. Wat sou jy doen as jy niks kortkom nie, niks nodig het nie, en alles in die heelal aan jou behoort?

Hoekom hou ons so styf vas aan ons besittings, ons beleggings? Suid Afrika sit op meer kontant as ooit in die verlede, almal hou dit net vas, vir ingeval…

Wat nooi God ons na toe uit, wat is God se ‘JA’ vir ons, wat is dit wat God modeleer vir ons in die storie in die teks, hoe lyk redding in God se nuwe wêreld?

Kom luister en kuier saam Sondag, 10:00 by die Grappa Shed op die R304 net buite Stellenbosch, en die aand 18:30 by die Old Biscuit Mill in Woodstock, Kaapstad.

 

Wil jy weekliks ons blogs ontvang? Teken hier in

 

bottom of page